Gerugte van penisdiefstal het verlede week begin loop in die hoofstad van die Demokratiese Republiek van die Kongo met sy agt miljoen inwoners. Radiostasies het die gerugte uitgesaai en inbellers het mense gewaarsku om versigtig te wees vir passasiers in taxi’s met goue ringe.
Slagoffers van penisdiefstal, waarvan die polisie insgelyks veertien in hegtenis geneem het, beweer dat toordokters hulle aangeraak het om hul penisse te laat krimp of verdwyn.
Die polisie het sowel toordokters as hul slagoffers in hegtenis geneem om bloedvergieting te voorkom. In soortgelyke voorvalle tien jaar gelede in Ghana is twaalf vermeende penisdiewe deur woedende skares doodgeslaan. Alain Kalala, wat selfoonlugtyd naby ‘n polisiestasie in Kinshasa verkoop, sê die gevaar is werklik. Hy het ‘n slagoffer gesien. Wat oor was, was klein, sê hy.

Die polisie in Kinshasa, die hoofstad van die Kongo, het dertien vermeende toordokters gearresteer wat daarvan beskuldig word dat hulle mans se penisse laat krimp of verdwyn het. Die polisie moes skares tot bedaring bring wat die toordokters wou ophang.