Grootste rooftog se dokumente gesteel

Gewapende rowers het Sondagnag by die Johannesburgse Hooggegeregshof ingebreek om dokumente te steel wat verband hou met die grootste kontantrooftog in die land. Die rowers het op vlug geslaan, ongedeerd, na ‘n skietgeveg met die metropolisie.

Lees verder: Grootste rooftog se dokumente gesteel

Nog geen oplossing in Zimbabwe nie

Twee weke na die verkiesing in Zimbabwe is daar nog geen oplossing in sig nie. Die vergadering van lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap oor die naweek het tot geen besluit gelei nie, behalwe ‘n oproep dat die uitslae van die presidensiële verkiesing in Zimbabwe so gou moontlik vrygestel moet word.

Lees verder: Nog geen oplossing in Zimbabwe nie

Terugslag vir demokrasie in Afrika

Kameroen se parlement het pas grondwetlike konsepwetgewing aanvaar om meertermyndiens moontlik te maak. President Paul Biya sal sodoende sy bewind van 25 jaar verleng ten spyte van opstande teen sy regering in Februarie waarin tientalle mense gedood is.

Lees verder: Terugslag vir demokrasie in Afrika