Noodhulpbeamptes in die voormalige Sowjetrepubliek sê minstens 70 mense is dood in 'n sterk aardbewing wat Kirgistan naby die grens van Sjina getref het.
Lasbrief uit vir burgemeester wat dronk bestuur
Die landdroshof op George het ‘n lasbrief vir die arrestasie van die Eden-munisipaliteit se burgemeester, Adolph "Rudi” Laws uitgereik.
Lees verder: Lasbrief uit vir burgemeester wat dronk bestuur
Bulle, behalwe twee, is reg
Behalwe vir Bakkies Botha en Okona Ndungane is al die Vodacom Bloubulle reg vir Saterdag se Curriebekerhalfeindrondte teen die Cheetahs op Loftus. Frans Ludeke het bevestig dat Ndungane se liesbesering iets van die verlede sal wees sodat hy in die eindrondte sal kan uitdraf as hulle hierdie naweek dit regkry om deur te dring.
Ekonomiese krisis tref Europa
Lande in Europa het Sondagnag geskarrel om 'n dreigende kredietkrisis wat banke kan laat ineenstort, af te weer. Die Amerikaanse ekonomiese afswaai het nou Europa en Asië met alle mag getref.
Britte ‘kan nie oorlog in Afghanistan wen nie’
'n Hoofbevelvoerder van die Britse leër sê die oorlog in Afghanistan kan nie gewen word nie en samewerking met die Taliban mag 'n langtermynoplossing vir die land wees.
Razelle Botha stry vir ‘n verlore saak
Nadat ek Vrydag se berig in Beeld gelees het oor Razelle Botha wat nou baie mooi regkom ná die rooftog op haar ouerhuis vroeër vanjaar het ek gedink daar is hoop vir die jong dame.
Man van Erasmia ontvoer
'n 27-jarige Egiptenaar is Sondagaand in Erasmia, naby Pretoria, ontvoer.
Drie mense sterf aan dodelike virussiekte
Drie mense is in Johannesburg dood aan 'n gevaarlike aansteeklike siekte, het die gesondheidsdepartement Sondag gesê.
Boesak se bedanking
Dr Allan Boesak het bedank uit al sy ampte in die Verenigende Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika, nádat sy volgehoue propaganda oor die Belydenis van Belhar verwerp is op 'n vergadering in Hammanskraal.
Boesak bedank uit sy kerk
Allan Boesak het uitgeloop uit die Verenigde Gereformeerde Kerk. Volgens die SABC het hy uit al sy poste bedank.
