Zimbabwiërs in Polokwane aangeval

Ses mans het ernstige beserings opgedoen en moes in die hospitaal opgeneem word nadat hulle deur inwoners van Westenburg in Polokwane aangeval is, het die polisie in Limpopo gesê. Inwoners het Maandagaand die strate ingevaar opsoek na “verkragters en moordenaars” nadat ‘n moord Saterdagaand plaasgevind het, het insp. Llisi Ngoepe, ‘n polisiewoordvoerder, Dinsdag, gesê. “Die

Lees verder: Zimbabwiërs in Polokwane aangeval

Brand eis 117 slagoffers in Rusland

Rusland het Maandag ‘n nasionale dag van rou verklaar en vlae by alle openbare geboue is halfmas gehang. Die dodetal van ‘n verwoestende brand wat deur ‘n vuurwerkvertoning veroorsaak is het 117 lewens geëis. Die aantal dooies is aanvanklik op 113 beraam en sowat 100 beseer het ‘n beampte gesê, maar intussen het nog vier

Lees verder: Brand eis 117 slagoffers in Rusland

Afrika-demokrasie in aksie

Die aanval op die leier van die Demokratiese Alliansie, Helen Zille, en haar gevolg in die swart woongebiede naby Pretoria, stuur ‘n paar seine uit. In die heel eerste plek behoort dit die boodskap tuis te bring dat politieke byeenkomste miskien liefs nie op Sondae moet plaasvind nie. Vir sommige mense druis dit in teen

Lees verder: Afrika-demokrasie in aksie

Kopenhagen en die grootste verneukspul van die afgelope twintig jaar

Dis geensins slegs Nigeriërs wat doeltreffend is daarmee om mense om die bos te lei en te verneuk met hulle 419-briewe nie. Die spul Europese en Amerikaanse wetenskaplikes wat so hoog opgee oor klimaatverandering, kan gerus seminare in Lagos gaan hou en die Nigeriese boewe ‘n ding of twee leer van lieg en bedrieg. Niemand

Lees verder: Kopenhagen en die grootste verneukspul van die afgelope twintig jaar

Kosmopolitaanse fundamentalisme

Ek het wyle Chris Louw se laaste rubriek in die Beeld gelees. Louw se afsterwe is tragies en ek wonder hoeveel sy persoonlike wanhoop oor nie net sy persoonlike situasie nie, maar ook sy wanhoop oor die toekoms van die land, met sy selfmoord te make gehad het. (Wás dit selfmoord – waar kry hy

Lees verder: Kosmopolitaanse fundamentalisme

Waar is God in ons politieke smart en pyn?

Geloftefeeste op 16 Desember is om die draai. In diepte gaan dit om ‘n kontrak, ‘n soort verbond tussen God en mens. In hierdie geval ‘n gemeenskap van gelowige Afrikaners wat in 1838 die dood in die oë gekyk het. Die vraag wat menige gelowige hom/haar in SA afvra is hoe dit moontlik is dat

Lees verder: Waar is God in ons politieke smart en pyn?

Branson stel sy ruimtetuig bekend

Virgin Galactic, ‘n afdeling van miljardêr Richard Branson se Virgin Atlantic Airways, hoop die gevleuelde SpaceShipTwo sal toeriste in die ruimte inskiet om gewigloosheid te kan ervaar binne twee tot drie jaar. Branson het Maandag sy eerste kommersiële ruimtetuig vir ruimtetoerisme bekendgestel. “Dit sal die begin wees van kommersiële ruimtevaart,” het hy tydens die geleentheid

Lees verder: Branson stel sy ruimtetuig bekend

SA maak yslike klimaatsaanbod

Suid-Afrika het ‘n verklaring uitgereik waarin aansienlike toegewings in terme van kweekhuisgasbeperkings voorgestel word op die vooraand van die klimaatspitsberaad. Die regering is bereid om vrywillig kweekhuisgasvrystelling teen 2020 met 34% in te kort en teen 2025 met 45% van die beraamde uitset. Die aanbod geld egter slegs indien sekere voorwaardes nagekom word, in navolging

Lees verder: SA maak yslike klimaatsaanbod