Terugslag vir demokrasie in Afrika

Kameroen se parlement het pas grondwetlike konsepwetgewing aanvaar om meertermyndiens moontlik te maak. President Paul Biya sal sodoende sy bewind van 25 jaar verleng ten spyte van opstande teen sy regering in Februarie waarin tientalle mense gedood is.

Lees verder: Terugslag vir demokrasie in Afrika

Honger Ha?tiane kook oor

Image

Ha?tiane gaan koop kos oorkant die grens in die Dominikaanse republiek

 
Haïti kook oor van woede oor stygende kospryse. Wetgewers het Saterdag die eerste minister Jacques Edouard Alexis met 16 stemme teen 10 afgedank omdat hy nie nasionale voedselproduksie aangemoedig het nie en geweier het om ‘n datum vir die VN se vredesmag se vertrek vas te stel.

Lees verder: Honger Ha?tiane kook oor

Mugabe is reg: Britte wil Zimbabwe kaap

ImageVan die begin af was ek nog baie skepties oor die hele veldtog wat daar in die Engelse media (sowel plaaslik as in Brittanje) teen Robert Mugabe van Zimbabwe gevoer word. Immers heers dieselfde of erger toestande in Suid-Afrika en daaroor swyg die Engelse soos die graf.

Om maar een statistiek te noem: slegs 11 blanke boere is in Zimbabwe vermoor terwyl die Suid-Afrikaanse totaal al oor die 2000 staan. Nóg die BBC nóg die Britse pers heg enige noemenswaardige belang hieraan, terwyl Mugabe daagliks verguis en Morgan Tsvangirai opgehemel word as die nuwe demokraties verkose leier van die land oorkant die Limpopo.

Lees verder: Mugabe is reg: Britte wil Zimbabwe kaap

Bush s? troeponttrekkings sal ophou

President George Bush het gister aangekondig dat troeponttrekkings uit Irak sal ophou. Hy het ‘n aanbeveling van die Amerikaanse opperbevelvoerder in Irak, generaal David Petraeus, aanvaar om ‘n 45-dae lange verbod op onttrekkings af te kondig.

Lees verder: Bush s? troeponttrekkings sal ophou