Globaal het voedselpryse met 40% sedert die middel van 2007 gestyg en Haïti voer byna alle voedsel in.
President Rene Preval, wat gou aangekondig het dat die prys van rys met meer as 15% verlaag sal word, het gesê dat hy dadelik ‘n nuwe eerste minister sal aankondig.
Haïtiaane leef met chroniese honger en sommige inwoners eet noodgedwonge modderkoekies om te oorleef, maar die toestand het onlangs ondraaglik geraak. Hongerpyne het daatoe gelei dat gewelddadige gevegte met VN-vredestroepe uitgebreek het.
Plundery het regoor Haïti oral voorgekom en vyf mense is tydens die opstand gedood.
