Die Vryheidsfront Plus en die ANC het vandag gesprek gevoer in Johannesburg. Die VF Plus-afvaardiging bestaande uit die party se Uitvoerende Dagbestuurslede, is gelei deur dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye en die ANC-afvaardiging is gelei deur mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal. Dr. Mulder het die gesprek as verkennend, maar
Nederland neem sokkerdreigemente ernstig op
Nederlandse veiligheidsamptenare sê hulle neem die terreurdreigemente teen Nederlanders en Dene tydens die Wêreldbekersokkertoernooi ernstig op. Hulle sê egter dat hulle geen nuwe veiligheidsmaatreëls in plek sal stel nie. Judith Sluiter, wat die Nederlandse anti-terreur agentskap koördineer, sê onlangse uitlatings deur terreurverdagte Abdullah Azam Saleh al-Qahtani is in lyn met wat haar agentskap hulleself op
Islam in EU 2010
купить воронеж ароматизаторыФільчаков Олександр Васильович
Saak teen terreurverdagtes uitgestel
Die saak teen drie beweerde terroriste is Woensdag uitgestel deur die Phalaborwa-landdroshof, volgens SABC-nuus. Die staat moet nog steeds argumenteer waarom die drie borgtog geweier moet word. Hulle staar sewe aanklagte in die gesig, insluitend klagtes om terreur te pleeg, omdat hulle na bewering die Wêreldbeker-sokkertoernooi wou ontwrig. Aan ‘n vierde beskuldigde, die 21-een-jaar-oue André
Nederlandse toeris aangeval
‘n 51-jarige Nederlandse toeris is in Port Elizabeth tydens ‘n rooftog gesteek, het The Herald Online Donderdag berig. “Sy was besig om loop langs die begin van die pad te loop toe ‘n man skielik verskyn, het sy gesê, ‘n man met ‘n mus uit die niet,” het woordvoerder polisiekaptein Sandra Janse van Rensburg gesê.
Dis nie wanbetaling nie, dis kabeldiefstal, sê hospitaal
Die kragprobleme by Chris Hani Baragwanath Hospital in Soweto is glo iets van die verlede nadat die krag weer Woensdag aangeskakel is, het die Gautengse gesondheidsdepartement gesê. Die rede waarom die hospitaal sonder elektrisiteit was vir die afgelope twee dae, is weens kabeldiefstal sê ‘n woordvoerder Mandla Sidu in ‘n verklaring. Hospitaalbestuur moes operasies uitstel
Lees verder: Dis nie wanbetaling nie, dis kabeldiefstal, sê hospitaal
Slag vir wol- en vleisuitvoere weens slenkdalkoors
Die Burger berig dat verskeie lande ’n verbod op die invoer van diereprodukte uit Suid-Afrika geplaas het weens die voorkoms van slenkdalkoors. Botswana, besluit nog of hy dieselfde maatreëls gaan instel. Peter Thabethe, waarnemende direkteur-generaal van die departement van landbou, bosbou en visserye, het Woensdag aan die parlement gesê dat China en Turkye ’n verbod
Lees verder: Slag vir wol- en vleisuitvoere weens slenkdalkoors
Grootste hospitaal sonder krag
Dele van die Chris Hani Baragwanath hospitaal is sedert Maandag sonder elektrisiteit weens onbetaalde rekeninge. Qedani Mahlangu, Gautengse LUR vir gesondheid, het verduidelik dat ‘n “kontantvloei-probleem” tussen haar departement en die Tesourie, die oorsaak van die probleem is. “Diesel sal voor die einde van die dag by die hospitaal afgelewer word sodat die kragopwekkers in
Hof wys ET-verdagte se aansoek van die hand
Die landdroshof in Ventersdorp het ‘n aansoek van Chris Mahlangu se prokureur van die hand gewys nadat dié versoek het dat die aanklagte teen sy kliënt gewysig word. Mahlangu word daarvan verdink dat hy en ‘n 15-jarige medepligtige glo die voormalige AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, op sy plaas buite Ventersdorp vermoor het. Die verdagte se prokureur,
Mev Zuma glo in duisternis
Die presidensie en die eThekwini-munisipaliteit wou nie Woensdag kommentaar lewer oor gerugte dat pres. Jacob Zuma se een vrou, Nompumelelo Ntuli-Zuma, se kragtoevoer na haar woning afgesny is nie. Na bewering het Ntuli-Zuma nie haar elektrisiteitrekening betaal nie. Volgens Zizi Kodwa, presidensiële mediaraadgewer, kan niemand dié bewerings op hierdie stadium bevestig nie. “Ek is glad
