Saak teen terreurverdagtes uitgestel

Die saak teen drie beweerde terroriste is Woensdag uitgestel deur die Phalaborwa-landdroshof, volgens SABC-nuus.
Die staat moet nog steeds argumenteer waarom die drie borgtog geweier moet word.

Hulle staar sewe aanklagte in die gesig, insluitend klagtes om terreur te pleeg, omdat hulle na bewering die Wêreldbeker-sokkertoernooi wou ontwrig.

Aan ‘n vierde beskuldigde, die 21-een-jaar-oue André Stroh, is verlede Vrydag borgtog toegestaan van R3000 in die Phalaborwa-landdroshof .

Stroh is een van ses mans wat in hegtenis geneem is vir die vermeende grafskending van die voormalige diplomaat Norman Mashabane. Na aanleiding van verdere ondersoek is glo gevind dat die grafskending deel van ‘n komplot was om dade van terrorisme teen swartes te pleeg.

Musa Zondi, woordvoerder vir die Valke, het gesê die polisie het die mans met groot hoeveelhede plofstof en ammunisie vasgetrek.

“Ons het ontdek dat hulle ‘n hele aantal wapens en ammunisie het. En het kapasiteit gehad om plofstof te vervaardig. Hulle is aangekeer in besit van ‘n groot aantal plofstowwe.”

Die aanklagte teen twee van die mans het verlede Vrydag teruggetrek.

casinos games onlineлобановский александр биография

Maak 'n opvolg-bydrae