Botswana, besluit nog of hy dieselfde maatreëls gaan instel.
Peter Thabethe, waarnemende direkteur-generaal van die departement van landbou, bosbou en visserye, het Woensdag aan die parlement gesê dat China en Turkye ’n verbod op alle wol- en leerinvoer uit Suid-Afrika geplaas het. Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate het eweneens handelsbeperkinge op die invoer van beesvleis geplaas.
Dit volg op die verbod op die invoer van diereprodukte uit Namibië, Lesotho en Zimbabwe.
Meer as 6300 stuks vee het reeds gevrek in veral die Vrystaat, Noord- en Oos-Kaap, asook die Wes-Kaap.
Altesaam 329 uitbrekings van die siekte het tussen Februarie en 6 Mei vanjaar reeds voorgekom.
