Hulle sê egter dat hulle geen nuwe veiligheidsmaatreëls in plek sal stel nie.
Judith Sluiter, wat die Nederlandse anti-terreur agentskap koördineer, sê onlangse uitlatings deur terreurverdagte Abdullah Azam Saleh al-Qahtani is in lyn met wat haar agentskap hulleself op voorberei het.
“Nederland se belange oorsee word meer bedreig as binnelands op die oomblik,” sê Suiter. “Hier is dit beperk, maar oorsee is dit aansienlik.”
Al-Qahtani sê hy het beplan om die Nederlandse en Deense spanne en ondersteuners aan te val omdat hulle Islam beledig.
Vish Naidoo, woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse polisie sê die jongste verslag uit Bagdad sal nie veiligheidsbeplanning raak nie, aangesien daar reeds vir terrorisme beplan is.
Interpol sal 200 terreurspesialiste na die sokkertoernooi stuur en elke span van die 31 besoekende spanne, sal 8 veiligheidsamptenare stuur om met hul Suid-Afrikaanse eweknieë nou saam te werk.
Suid-Afrika het 44 000 ekstra polisielede vir die geleentheid opgelei. Die groot aantal nuwe lede het egter geen verskil aan voorstlepende plaasaanvalle gemaak nie, en dié aanvalle teen blankes duur onverpoos voort.
Die Nederlandse nasionale span het reeds na Switserland vertrek vir ‘n oefenkamp
Denemarke se kaptein Jon Dahl Tomasson wou nie Woensdag kommentaar lewer op die jongste Moslemdreigemente nie.
“Ek dink ons moet op een ding konsentreer en dit is dat ons binnekort goeie sokker gaan speel,” het die Feyenoord-speler gesê.
