Hoewel Afrikaners nie veel gelees het nie, was daar een boek waaruit hulle elke dag gelees het en wat byna in alle gesinne te vinde was: die Bybel. 'n Amptelike kommissie het in 1806 bevind: "Die godsdiens word skynbaar op prys gestel; die Bybel, 'n gebede- of ander godsdienstige boek lê oral byderhand. Iedereen is gesteld op die doop van sy kinders, die eed word vir 'n heilige saak gehou en mens gaan nie aan tafel sit sonder om te bid nie."

Amerikaanse motorverkope het in November 37% gedaal tot die laagste vlak in 26 jaar en enige verwagtinge dat die swak jaar sy laagtepunt bereik het, gekelder. Dit het verdere ammunisie gegee vir die Detroit-voertuigvervaardigers se saak om te vra vir 'n verdere lening van die kongres om die industrie te red.
'n Man is Dinsdag geskiet toe hy teruggeskiet het op rowers wat 'n gastehuis in Cullinan beroof het, het die polisie gesê.