Afrikanerbevryding kan in die kuberruim begin en uiteindelik na die fisieke territorium van Suid-Afrika oorspoel.
Sedert ek vir die eerste keer aan die einde van 1995 ‘n internetkonneksie verkry het, volg ek die ontwikkeling van dié verskynsel met belangstelling. Nie verniet nie het Jeff Bizos, die stigter van Amazon.com, gesê dat die internet nie net die manier waarop mense sake doen nie, maar ook die politiek gaan verander.
Bizos het die idee vir ‘n internetboekwinkel (maar wat deesdae omtrent enigiets onder die son verkoop) gehad terwyl hy iewers in ‘n motor tussen San Francisco en Seattle op reis was. Met ander woorde, hy het deur werklike grondgebied "geseil" terwyl hy sy revolusionêre idee vir e-handel uitgedink het.
Vele mense is besig om die verband tussen grondgebied in die tradisionele sin en die kuberruim raak te sien. Enkele jare gelede, in November 2000 om presies te wees, het die Franse filosoof Michel Serres op besoek aan Johannesburg beweer dat die internet soortgelyk aan die Middeleeuse woud is. Serres is iemand wat al oor enigiets van Fontaine se fabels tot die wette van termodinamika en kommunikasieteorie geskryf het.

Lees verder: Afrikaners moet internet beset