Sedert ET se moord sterf byna nog ‘n 1 000

“Dit lyk of plaasaanvallers net so min vertroue in die polisie het as wat die boere het dat misdadigers wat uit die landbou teer kortgevat sal kan word,” sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP). “Sedert die moord op Eugene Terre’Blanche die aandag wêreldwyd op plaasaanvalle in Suid-Afrika gevestig het, was daar

Lees verder: Sedert ET se moord sterf byna nog ‘n 1 000

Ahmadinejad besoek Zimbabwe

President Mahmoud Ahmadinejad het Donderdag vir ‘n twee-daagse besoek na Zimbabwe en die VN-Veiligheidsraadslid Uganda vertrek. Hy sal Iran se kernprogram met Uganda bespreek, het sy land se staatstelevisie berig. Ahmadinejad se besoek aan Uganda is van groeiende belang aangesien wêreldleiers deur middel van ‘n nuwe rondte VN-sanksies druk op Iran wil plaas teen die

Lees verder: Ahmadinejad besoek Zimbabwe

Amerikaanse ambassadeur bedank nooddienste na treinongeluk

Tien van die 40 Amerikaanse toeriste wat op die Rovos Rail-trein was wat naby Pretoria ontspoor het, was teen Woensdagaand steeds in die hospitaal, het die Amerikaanse ambassade gesê. Volgens ‘n mediaverklaring deur Sharon Hudson-Dean, die ambassade se woordvoerder, is al die Amerikaners wat op die trein was geïdentifiseer en opgespoor. Die VSA se ambassadeur,

Lees verder: Amerikaanse ambassadeur bedank nooddienste na treinongeluk

Minister van polisie besorg oor plaaswerkers se veiligheid

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, sal Donderdag met die leierskap van die Food and Allied Workers’ Union (Fawu) vergader om plaaswerkers se veiligheid en sekuriteit te bespreek. Zweli Mnisi, ‘n polisiewoordvoerder, het gesê dat daar vroeër dié week met die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) vergader is. “Die probleme waardeur die boeregemeenskap in die gesig gestaar

Lees verder: Minister van polisie besorg oor plaaswerkers se veiligheid

Noord-Korea is geen gelyke kernvennoot

Die VSA het dit Woensdag duidelik gemaak dat hy Noord-Korea nié as ‘n kernmoondheid sal erken nie. Dié uitlating volg op Noord-Korea se stelling dat hy bereid sou wees om deel te neem aan ontwapeningsprogramme, mits hy as gelyke vennoot behandel word. “Ons sal Noord-Korea nié as kernmoondheid aanvaar nie. Dié staat bevind hom in

Lees verder: Noord-Korea is geen gelyke kernvennoot

Despoot, diktator, tiran?

Aan die begin van sy openbare loopbaan was Adolf Hitler nie ernstig opgeneem nie, so ook nie die “Klein Korporaaltjie” Napoleon nie. Hitler was ook hierdie klein korporaaltjie van Oostenryk, maar albei het ‘n paar dinge in gemeen gehad – goeie publieke oratoriese vermoëns, die vermoë om die regte boodskap te gee wat die massas

Lees verder: Despoot, diktator, tiran?

Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer

Daar gaan letterlik nie meer ‘n dag verby waar ons nie die koerant oopmaak en lees van iemand wat weereens wreedaardig aangerand, verkrag, gemartel of vermoor is nie. Baie slagoffers van hierdie misdade is boere wat iewers op ‘n plaas tussen niks en nêrens vir ons kos produseer of op ‘n kleinhoewe ‘n bestaan maak.

Lees verder: Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer