Noord-Korea is geen gelyke kernvennoot

Die VSA het dit Woensdag duidelik gemaak dat hy Noord-Korea nié as ‘n kernmoondheid sal erken nie.

Dié uitlating volg op Noord-Korea se stelling dat hy bereid sou wees om deel te neem aan ontwapeningsprogramme, mits hy as gelyke vennoot behandel word.

“Ons sal Noord-Korea nié as kernmoondheid aanvaar nie. Dié staat bevind hom in ‘n doodloopstraat,” het Philip Crowley, ‘n woordvoerder vir die Amerikaanse departement van buitelandse sake, aan verslaggewers gesê.

Hy het Amerika se versoek herhaal dat Noord-Korea ‘n ses-nasie-ooreenkoms om sy kernprogram te beëindig in ruil vir internasionale hulp en sekuriteitswaarborge, moet gehoorsaam.

“As Noord-Korea weer konstruktief aan die ses-nasie-proses deelneem, is daar ‘n kans vir ‘n beter verhouding met die VSA,” het Crowley gesê.

“Maar hulle kan nie ‘n verandering in die verhouding verwag tot hulle nie eers tot spesifieke stappe oorgaan nie,” het hy gesê.

принцесса диснеяОлександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae