Despoot, diktator, tiran?

Aan die begin van sy openbare loopbaan was Adolf Hitler nie ernstig opgeneem nie, so ook nie die “Klein Korporaaltjie” Napoleon nie. Hitler was ook hierdie klein korporaaltjie van Oostenryk, maar albei het ‘n paar dinge in gemeen gehad – goeie publieke oratoriese vermoëns, die vermoë om die regte boodskap te gee wat die massas wil hoor, en ‘n magiese invloed op mense om hulle as leiers te aanvaar of te erken. En hulle was nie bang om altyd die kant van hulle ondersteuners te kies en te neem nie.

Die mense in die Nuwe Suid Afrika, wat nie vir Julius Malema ernstig opneem nie, gaan ‘n duur les uit die geskiedenis leer, want al die elemente vir die wording van ‘n diktator is teenwoordig in die meteoriese opgang wat die man gemaak het sedert hy die eerste keer tot die publiek se aandag gekom het. Dit mag wees dat die man nie baie intelligent of slim is nie, maar hy het een eienskap wat hom van ander hedendaagse politici onderskei – hy is eerlik, hoe dom ookal en hy kan mense emosioneel opsweep.

 In Malema se dom eerlikheid kan mens baie leer van die besprekings in die diep binnekamers van die ANC se beleidmakers, want mens kry die idee dat die man daar met sy oop mond sit en luister wat almal om hom praat, en sleutelwoorde onthou. Alhoewel hy sekerlik nie altyd die detail beplanning begryp en onthou nie, onthou hy daardie sleutelwoorde, en dit is wat hy dan in die openbaar gaan uitbassyn. As mens mooi tussen die lyne lees wat Malema sê, kry jy ‘n goeie idee wat die ANC se toekomstige planne is met die land.

 Alhoewel hy as ‘n onbeheerbare “hooter mouth” vir die ANC ‘n verleentheid behoort te wees, is Malema vir die organisasie veels te belangrik,  en sal hulle hom dus nooit openlik diskrediteer nie. Almal weet dat die afstand tussen die voetsool ondersteuners van die ANC en die politieke “Fat cats” te groot geword het. Alhoewel hulle daardie voetsool ondersteuners grondarm wil hou in terme van die kommunistieses doktrine, moet hulle vir hulle leierskap voorsien wat hulle met die regte beloftes en toesprake kan hoop gee vir die toekoms – dat daar aan hulle behoeftes en versugtinge uiting gegee gaan word, en hulle beter dae gaan kry – om sodoende te verhoed dat hulle ophou vir die ANC stem..

 Daardie rol is Malema s’n, en hy doen dit uitmuntend. Maar so begin hy homself al hoe meer as die nuwe leier van die mense vestig, en hy raak hy al hoe gevaarliker vir die toekoms. Die ANC as organisasie is leierskap arm, en daar is net te veel faksies en egos om werklik ‘n opvolger vir Zuma te produseer. Maar behalwe vir sy oënskynlike ondersteuning vir Zuma, het Malema nie werklik ‘n alliansie met enige van die bestaande faksies nie. Almal is om die beurt kwaad en lief vir die man, en dus posisioneer hy homself al hoe meer reg in die middel as die mees aanbare middewegleier, die een wat die massas bymekaar kan bring.

Sy geskiedenis en optredes tot dusver, wys duidelik dat hy teksboek diktatoreienskappe het. Hy is nie skaam om openlik te dreig en geweldadig te raak nie, misbruik sy mag en posisie openlik, buig enige reel of wet om homself te pas, het klaar vir homself sy eie lyfwag gewerf, en is baie geskok as hy nie summier gerespekteer of erken word nie.

 Suid Afrika moet kennis neem. Malema is die volgende leier van die ANC, en die volgende president van Suid Afrika. Zuma het dit reeds gesê, en Malema se “staatsbesoek” aan Mugabe het duidelik gewys wat sy status is. Die ANC het so rigting-, eerbaar-, en leierloos geword, dat die stert nou die kat rondswaai, en hulle kan niks doen om dit te keer nie. Selfs Mathews Phosa, wat darem nog altyd bietjie oopkop was, ondersteun hierdie idioot. Erkende grootkoppe soos Phosa ondersteun hom, omdat hy as gevolg van sy lae intelligensie beinvloedbaar is, maar sodra hy tot die volle besef van die omvang van sy mag gaan kom, sal hy hulle een vir een uit sy pad laat verwyder, en sy eie koningskappie betree, waar hy gaan maak soos hy wil. En daar is baie druk na die Pholokwane beraad dat die Xhosas en Zoeloes nou ‘n slag die leierskap moet prysgee vir ‘n ander etniese groep.

Al die aanduidings is daar dat ons een van die mees despotiese diktators in Afrika se geskiedenis voor ons oë sien grootword, en sy oorneem van mag gaan aanskou en beleef. En jammer genoeg, sal ons dit ook nie kan keer nie, as dinge aangaan soos dit nou aangaan.

Dit is hoekom dit dringend noodsaaklik is dat die Afrikaner nou opstaan, begin saamstaan en sy hand en voornemens duidelik begin wys. Dit is tyd dat die lyne getrek word.

купить рюкзак для мальчика с ортопедической спинкойДанильченко Юрий Брониславович

Maak 'n opvolg-bydrae