Die Afrikanervraagstuk

Dit is baie interessant om die naloop van Eugene Terreblanche se moord dop te hou. Eerstens was daar die ANC-regering se paniekerige reaksie tot op die punt waar Zuma ‘n spesiale TV-toespraak hou om die land tot kalmte te vermaan, en tweedens dat die minister en hoof van die polisie self na die moordtoneel haas. Dit bevestig my vermoede, dat ongeag die ANC se bravade oor hoe goed hulle die land regeer en stabiliteit verseker, hulle eintlik skeitbang is vir die Afrikaner. Hulle weet dat 90% van die blanke mans ouer as 35 in SA militêr opgelei is, en besef sekerlik ook dat die ding wat hulle deesdae die SANDF noem nie eers ‘n spatseltjie is van die eens magtige SAW nie. Feit is hulle is bang, en dit is hoekom hulle so gereageer het.

Maar daar is iets verkeerd in Zuma en die ANC se denke oor wie van die bekende Afrikaners nou eintlik belangrik is, en wie as helde en leiers vereer word. Iets klink hier nie lekker nie, en ek dink die land se intelligensieverslae laat veel te wense oor as Zuma dink hy kan nog ‘n jaar se geduld by die Afrikaner koop deur Eugene de Kock vry te laat, en dat die moord van Eugene Terreblanche die Afrikaner tot volskaalse opstand gaan opsweep.

Wat egter belangrik is en wat hier duidelik word, is die feit dat die ANC net so verward is oor wie die Afrikaner is en wie hom verteenwoordig, as die Afrikaners self! Dit laat ‘n vraagstuk ontstaan – wie is die Afrikaner en waar pas hy in die NSA in?

Deur die geskiedenis van die ou Suid Afrika was daar baie “vraagstukke” wat die politici en leunstoel ontleders besig gehou het:

1.         Na die Engelse Oorlog was daar die “Armblankevraagstuk’ as gevolg van boere wat na die oorlog geen plaas, vrou of kind oorgehad het nie, en van vooraf moes begin om ‘n lewe te bou.

2.         As gevolg van die 1929 – 32 depressie het die “Armblankevraagstuk” weer na vore gekom, en dit het gelei tot die “Verstedelikingsvraagstuk” toe duisende Afrikaners en swart mense na die stede gestroom het om op die myne te gaan werk.

3.         Maar daar was ook die “Vlagvraagstuk”, die “Volksliedvraagstuk”, en die “Amptelike Taalstatus Vraagstuk”.

4.         In generaal Hertzog se tyd was daar twee belangrike vraagstukke – a) die “Suid Afrika Eerste Vraagstuk” waar die land moes besluit om op sy eie toekoms en probleme te fokus en Engeland en Europa te ontgroei, en b) die “Bantoevraagstuk” waarin Hertzog die aspirasies van die swartvolke raakgesien het, en die parlement wou dwing om dit aan te spreek, maar Jan Smuts en sy jingo’s wou egter nie verby Engeland se rokspante kyk nie, en het SA pens en pootjies in die Tweede Wêreld Oorlog ingesleep.

5.         Na die oorlog, het die “Republiekeinse Strewe Vraagstuk” die land besig gehou tot ons ‘n republiek geword het in 1961, en toe deel ons met die “Statebondlidmaatskapvraagstuk”, en daarna die “Goudstandaardvraagstuk”.

6.         Toe was daar die “Tuislandvraagstuk”, die “Nie-blankes in Sport Vraagstuk”, die “Suidwes Afrika Vraagstuk”, die “Grensoorlogvraagstuk”, die “Rubicon Oorsteek Vraagstuk” en ten laaste was daar die “Oorgawevraagstuk”.

7.         En nou is daar die “Afrikanervraagstuk”

Dit word vir my al hoe duideliker dat  die Afrikaner die grootste enkele politieke vraagstuk vandag in die NSA is! Ongeag wie wat sê, is dit duidelik dat ons op ‘n rassekookpot sit wat besig is om stoom op te bou, en om te ontken dat daar ernstige rassisme vanaf wit en swart is en dat die kookpot dalk binnekort by breekpunt gaan kom, is om die bestaan van die son, maan en sterre te ontken.

Die Afrikaner as volk, as homogene groep, staan sentraal tot hierdie rassisme kwessie. Nie as die agitators of aanstokers nie, maar as die onderwerp van die vraag: “Waar pas hulle in en wat moet daar met hulle gedoen word in die nuwe Afrika Suid Afrika?

 Aan die een kant wil die swartes nie regtig enige blankes in SA hê nie, veral nie die Afrikaner nie, en veral nie in enige magsposisies of kapitaalsterk posisies nie. Die ANC is onder druk van binne om die NSA totaal te transformeer tot ‘n volwaardige Afrikastaat – armoede, chaos, verval, despote en hongersnood ingesluit as dit moet. Maar tans is hulle nog afhanklik van die Afrikaner se bydrae tot die staatskas, omdat hy nog steeds meer as die helfte van die belastingbasis uitmaak.

As hulle egter daardie klein probleempie kan oorkom, sal hulle met graagte van die Afrikaner ontslae raak op enige manier wat ter hande kom.  Op die lang termyn moet die blankes, en spesifiek die Afrikaner, of konformeer en ge-asimileer word in die nuwe afrikanisasie van die land, of hulle moet maak dat hulle wegkom. Heimlik juig hulle oor elke Afrikaner wat die sogenaamde “Perth-express” vat, oor elke boer wat sy plaas afstaan en vir ander regerings gaan kos produseer, en elke gegradueerde wat ‘n vakature skep vir ‘n swart werknemer, hoe onbekwaam en onervare hy ookal is.

Malema en die minister van Grondsake is twee duidelike boodskappers oor wat die swart ondersteuners van die ANC eintlik wil hê, en sonder om te veel status aan die twee menere te heg, moet mens agslaan op wat hulle sê en doen. Nasionalisering van grond, eiendom, myne en enige waardevolle kommoditeite wat hulle hulle sweterige grypende handjies op kan lê is hoog op hulle prioriteitslys. So ook moet daar ag geslaan word op die toejuiging wat die twee moordenaars van Eugene Terreblanche buite die hof ontvang het.

Tot tyd en wyl, verdra die swartes en die ANC die Afrikaner, en sal selfs sover gaan om misplaaste leierskap of helde status aan twee ou afgeleefde Eugenes te gee, ter wille daarvan om ‘n valse vrede en vreedsaamheid aan die wêreld voor te hou. Maar alles word nou net in stand gehou vir die groot “Window dressing” geleentheid. Maar sodra daardie laaste sokkerspan en sy ondersteuners vertrek, gaan daar wild gedans word om die pappot en die skokiaankonka om besluite te neem oor die Afrikanervraagstuk.

Die blankes moet kennis neem, dat daar ‘n gesiglose massa swart ondersteuners in hierdie land is, wat ons nie hier wil hê nie. Hulle glo Afrika is die afrikane s’n, en ons is nog steeds settelaars wat hier moet weg. Dit is onder ander hoekom Mugabe so geweldige steun in SA het, en hoekom die swartmense van Ventersdorp nie sal skroom om in die openbaar vir Terreblanche se moordenaars toe te juig nie.

Die ANC moet daardie sentimente, die besighede se geldelike ondersteuning en die beeld na buite balanseer, maar dit raak al moeiliker. Vir te lank is die beloftes aan die proletariaat nie nagekom nie, en moes hulle tweede viool speel. Maar vierkantig in almal se pad staan die Afrikaner.

Daar is nie meer ‘n “ander” land waarheen hulle gejaag kan word nie, en ek glo nie Nederland en Duitsland gaan nou ewe skielik sê: “Ja, hulle is eintlik ons mense, en kan hiernatoe kom” nie. Dus, vir die enkele oopkop leiers wat in die ANC oor is, is dit die volgende yslike groot probleem.

Maar as die nuwe leierskap onder Malema oorneem, gaan daar geen doekies omgedraai word oor wat die Afrikaner maar kan doen nie. Hulle stel dit duidelik. Of julle werk saam, of julle is skuldig aan die gevolge vir ons optrede.

¿Quo Vadis Afrikaner?

Maar wie die meeste met die Afrikanervraagstuk worstel, is die Afrikaner self. As ‘n homogene groep, weet hulle nie waar hulle inpas nie, wat hulle wil hê nie, wat hulle moet doen nie, en waar hulle wil heengaan nie. So worstel elke individu of groepie met hulle eie klein vraagstukkies, terwylk die probleem lewensgroot voor ons staan, en gaandeweg al groter word.

Party wonder of hulle moet bly of gly, party wonder of hulle moet saamwerk of verset, ander wonder of hulle moet konformeer of laertrek, moet rebelleer of maar  verdra en swaarkry? Dit is tog interessant om te kyk na die verskillende groepe onder die Afrikaner van vandag.  Maar die meeste is soos volstruise, of eerder soos bang kinders. Hulle trek die kombers oor die kop, en glo hulle sal uiteindelik aan die slaap raak, of die gevaar of onheil sal vanself weggaan of verdwyn. (En hulle klou styf vas aan daardie kombers wat hulle so oor die kop vashou.)

Daar is egter net een pad, en dit is om nou saam te kom en ons vryheid en soewereiniteit te eis! Ek stel dit nou, dat as ons eers wil wag vir die “groot dag” of die “heilige oomblik” is dit te laat. En as ons dan in ballingskap moet gaan en die stryd vanuit ‘n ander land aanvat, moet dit so wees. Ons kan gerus bietjie by die ANC gan leer hoe om dit te doen.

Die een leier wat sover die mannemoed gewys het en ek glo ons moet begin steun en help is Dan Roodt. My steun gaan aan hom, en ek hoop al hoe meer Afrikaners en blanke afstammelinge van die Europese stamlande gaan dieselfde doen. Die tyd vir gesels en wag (vir wat?) is verby.

Kom ons maak die Afrikanervraagstuk vir die ANC hulle grootste werklikheid en grootste nagmerrie.

 

отбеливание зубов zoomДанильченко

Maak 'n opvolg-bydrae