Amerikaanse ambassadeur bedank nooddienste na treinongeluk

Tien van die 40 Amerikaanse toeriste wat op die Rovos Rail-trein was wat naby Pretoria ontspoor het, was teen Woensdagaand steeds in die hospitaal, het die Amerikaanse ambassade gesê.

Volgens ‘n mediaverklaring deur Sharon Hudson-Dean, die ambassade se woordvoerder, is al die Amerikaners wat op die trein was geïdentifiseer en opgespoor.

Die VSA se ambassadeur, Donald Gips, het die toneel van die ongeluk kort na dit gebeur het, besoek.

“Ons gedagtes en gebede is met diegene wat deur hierdie ongeluk geraak is,” het hy gesê.

“Ons wil Suid-Afrikaanse nooddienste en ander partye wat dadelik hulp aangebied het, bedank, en ons sal voortgaan om saam met Suid-Afrikaanse owerhede te werk om Amerikaners wat deur die ongeluk geraak is, te help,” het hy gesê.

Twee vroue, albei werknemers, is in die ongeluk oorlede toe dit naby Pretoriastasie ontspoor het, net voor 12 uur Woensdagoggend. Een was swanger.

Die trein het ontspoor toe die waens begin beweeg het omdat die lokomotiewe verander is van ‘n elektriese na ‘n stoomenjin.

Teen laat Woensdag was die spoor tussen Pretoria en Centurion nog gesluit.

Na verwagting sal die opruimaksie ten minste drie dae neem en die ondersoek na die oorsaak van die ongeluk sal vyf dae neem.

сауна проектированиелобановский александр отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae