Rassistiese krete kos klub duisende

Die Italiaanse sokkerklub Cagliari is met R100 000 beboet omdat hulle ondersteuners rassistiese beledigings teenoor Juventus se middevelder, Mohamed Sissoko, gedreunsing het. Die Italiaanse liga het die boete gister gehef nadat Sissoko, wat swart is, Sondag tydens die Serie A-wedstryd onder Cagliari-ondersteuners deurgeloop het. Juventus is ook hierdie seisoen met R200 000 beboet nadat hulle

Lees verder: Rassistiese krete kos klub duisende

Belge vonnis Rwanda se ‘volksmoordbankier’

‘n Hof in Brussels het gister die Rwandees, Ephrem Nkezabera, wat die “volksmoordbankier” genoem is, vir 30 jaar tronk toe gestuur vir oorlogsmisdade, insluitende moorde en verkragtings, wat tydens sy land se 1994-bloedbad afgespeel het. Nkezabera, 57, wat vir lewerkanker behandel word, was nie in die hof vir die vonnislegging teenwoordig nie en het niks

Lees verder: Belge vonnis Rwanda se ‘volksmoordbankier’

Murdoch wil aanlynlesers laat betaal

Mediamaatskappye wat van plan is om in die digitale era te floreer, moet hulle verbruikers oorreed om vir aanlynnuus te betaal deur vir hulle aangrypende inligting aan te bied in enige vorm wat hulle dit wil hê, het die uitvoerende hoof en voorsitter van News Corp, Rupert Murdoch, gister gesê. Murdoch, wat by ‘n twee-dae

Lees verder: Murdoch wil aanlynlesers laat betaal

Admiraal sê see is te groot om seerowers te stop

Internasionale vlootmagte sal nooit in staat wees om die ontsaglike groot oseaanstreek waar Somaliese seerowers skepe aflandig van Oos-Afrika kaap, heeltemal te beveilig nie, het die bevelvoerder van die VN se Vlootmagte se seerowerbestrydingspoging gister gesê. In die nuutste aanval het seerowers Sondag die Maran Centaurus wat onder ‘n Griekse vlag is en wat 275,000

Lees verder: Admiraal sê see is te groot om seerowers te stop

Duitsers gaan Sondae rus

Die grondwethof in Duitsland het beslis dat alle winkels op Sondae gesluit sal wees. Dié wysiging van die wet kom nadat winkels in Berlyn sewe dae ’n week vir sake oopgebly het, te midde van hewige teenkanting deur die land se kerke. Die Duitse hof het Dinsdag beslis dat inkopietye soos dit tans daar uitsien,

Lees verder: Duitsers gaan Sondae rus

Chris Louw se dood so tragies soos Verwoerd s’n

Die nuus dat Chris Louw vandag dood op sy plasie anderkant die Hartebeestpoortdam aangetref is ná ‘n skynbare selfmoord, het vir my persoonlik as ‘n geweldige skok gekom. Nie net omdat ek Louw goed geken het nie, maar omdat ek ‘n spesiale band met hom gevoel het. In baie opsigte het ons ‘n gedeelde geskiedenis

Lees verder: Chris Louw se dood so tragies soos Verwoerd s’n

Kosmetiese boudoperasie kos haar lewe

‘n 38-jarige voormalige Juffrou Argentinië het aan komplikasies gesterf nadat sy kosmetiese sjirurgie aan haar boude ondergaan het. Solange Magnano, die moeder van ‘n tweeling, het die kroon in 1994 gewen en het Sondag weens ‘n pulmonêre embolisme gesterf, na drie dae in ‘n kritieke toestand wat gevolg het op ‘n gluteoplastie in Buenos Aires.

Lees verder: Kosmetiese boudoperasie kos haar lewe

FW de Klerk en glanspersoonlikhede by WB-trekking

Die Suid-Afrikaanse Oscar wenner Charlize Theron, emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu en F.W. de Klerk sal deel wees van die skare wat Vrydag se Wêreldbeker-trekking seremonie sal bywoon. Nelson Mandela, wat op die ouderdom van 91 verswak is en min in die openbaar verskyn, sal saam met die glanspersoonlikhede en sokkeramptenare per videoverbinding verskyn. Die trekking, wat

Lees verder: FW de Klerk en glanspersoonlikhede by WB-trekking

‘Dakar-ganger se ontnugtering’

Dit is met groot skok dat ek verneem het van Chris Louw se skielike dood. Ek het deur die loop van jare talle sinvolle gesprekke met hom gehad as mediapersoonlikheid maar ook as vriend. Die uitgesproke wyse waarop Chris Louw met Suid-Afrika se probleme geworstel het, het gemaak dat niemand koud teenoor hom kon staan

Lees verder: ‘Dakar-ganger se ontnugtering’