‘n Hof in Brussels het gister die Rwandees, Ephrem Nkezabera, wat die “volksmoordbankier” genoem is, vir 30 jaar tronk toe gestuur vir oorlogsmisdade, insluitende moorde en verkragtings, wat tydens sy land se 1994-bloedbad afgespeel het.
Nkezabera, 57, wat vir lewerkanker behandel word, was nie in die hof vir die vonnislegging teenwoordig nie en het niks van sy maandlange verhoor bygewoon nie.
‘n Versoek van die voormalige direkteur van die Kommersiële Bank van Rwanda vir sy verhoor om weens gesondheidsredes uit te stel, is van die hand gewys.
In die vonnisoplegging het die hof die aanbeveling van die openbare vervolger, wat vir ‘n 30-jaar vonnis gevra het, gevolg, eerder as ‘n lewenslange vonnis, deels as gevolg van die oortreder se samewerking tydens die ondersoek.
12 juriste het hom Maandag skuldig bevind aan al die misdade waaroor hy aangekla is – ‘n onbepaalbare aantal moorde en verkragtings wat deur hom of onder bevel van hom gepleeg is.
Verkragting is dus vir die eerste keer in Belgiese geskiedenis as ‘n oorlogsmisdaad erken.
Nkezabera was na aan die regering in 1994, ten tyde van die Rwandese slagting waarin omtrent 800,000 mense, hoofsaaklik Toetsi’s, oor ‘n tydperk van 100 dae deur die weermag en Hoetoe ekstremistiese milisie doodgemaak is.
Hy het egter die verkragtingsklagtes ontken.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.