‘n Pasgebore baba is in Mqanduli naby Mthatha doodgeskop, het die polisie in die Oos-Kaap Woensdag gesê. Maj. Zamukulungisa Jozana, polisiewoordvoerder, het gesê ‘n vrou het Sondag na haar bure se huis gegaan toe sy begin kraam. “Met haar aankoms by die bure se huis is die baba gebore. “Kort daarna het die eienaar van
‘Die heks is dood’ topverkoper op Amazon
“Ding Dong! The Witch is Dead,” soos vertolk deur Judy Garland in The Wizard of Oz, was Dinsdag die gewildste liedjie op Amazon se aanlynverkope in Brittanje. Dié lied het op topverkopers gehaal ‘n dag na die dood van die voormalige premier, Margaret Thatcher. ‘n Ander weergawe van die liedjie, gesing deur die jazz-legende Ella
DA prys Hani se stryd teen apartheid
Chris Hani, die SAKP-leier, het gelewe en gesterf vir dit waarin hy glo, het die DA Woensdag gesê. Mmusi Maimane, woordvoerder van die Demokratiese Alliansie, het by die 20ste herdenking van Hani se dood gesê hy was ‘n inspirerende persoon. “Ongeag sy ideologiese neigings kan ons almal erken dat hy ‘n beginselvaste en vasbeslote leier
Afrikaans verloor ‘n groot gees
Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Taalkommissie onder leiding van Tom McLachlan het hulde gebring aan een van Afrikaans se groot taalkundiges, die bekende prof. F.F. Odendal, wat op Saterdag 6 April in Kaapstad oorlede is. Baie mense sal die naam F.F. Odendal herken omdat dit al so lank prominent op die omslag
Swart aanbieder sê AWB-klag is nie aandagsoekery nie
‘n Politieke ontleder het haar humeur verloor nadat sy beskuldig is daarvan dat sy ‘n insident met die AWB vir ‘n publisiteitsfoefie wil gebruik. Liepollo Pheko het ‘n klag van intimidasie gelê, ‘n hele drie jaar na ‘n onderonsie in ‘n televisie-ateljee, het eNCA Dinsdag berig. In April 2010 Pheko en die Afrikaner Weerstandsbeweging se
Lees verder: Swart aanbieder sê AWB-klag is nie aandagsoekery nie
Hou Hani se weduwee Mbeki verantwoordelik?
Die weduwee van die vermoorde Chris Hani, Limpho Hani, sê twintig jaar na die sluipmoordaanval op haar man, is sy nog steeds op soek na die waarheid sodat sy berusting kan kry. Hani wat ten tye van sy dood die sekretaris-generaal van die ANC was, is in 1993 voor sy huis doodgeskiet. ‘n Poolse immigrant,
Malema-saak verdwyn skielik van hofrol
Die saak van minagting van die hof teen Julius Malema is Dinsdag van die hofrol verwyder. Die voormalige leier van die ANC-jeugliga was veronderstel om in die Pretoriase hooggeregshof te verskyn. Besonderhede oor hoekom die saak van die hofrol verwyder is, is nie dadelik bekend gemaak nie. Die kurators van Malema se boedel het ‘n
Voëlgriep weer in Oudtshoorn ontdek
Die uitvoer van volstruisvleis in die Klein Karoo het ‘n terugslag gekry met ‘n verbod wat waarskynlik ingestel kan word nadat ‘n voëlgriepvirus op ‘n plaas naby Oudtshoorn voorgekom het, berig Landbou.com. Die Volstruissakekamer (VBK) het verlede week gesê hy hoop uitvoere kan binnekort hervat word ná ‘n uitbreking van H5N2 in April 2011 tot
Uhuru Kenyatta ingehuldig
Die nuwe president van Kenia, Uhuru Kenyatta, het duisende ondersteuners toegespreek na sy inhuldiging in Nairobi. Kenyatta is deur die Internasionale Misdaadhof uitgewys vir misdade teen die mensdom. Hy ontken dat hy etniese geweld vyf jaar gelede aangemoedig het. In sy toespraak het Kenyatta onderneem om eenheid in Kenia te bewerkstellig. President Jacob Zuma, Goodluck
Polisie beseer tydens ‘blydskap’ oor Thatcher-afsterwe
Ses Britse polisiebeamptes is beseer toe hulle probeer het om mense by ‘n straatbyeenkoms uitmekaar te jaag wat die dood van die voormalige premier, Margaret Thatcher, “gevier” het. Een van die beamptes is ernstig beseer. Die voorval in Bristol in die suidweste van Engeland het by een van verskeie sulke geleenthede in die land gebeur
Lees verder: Polisie beseer tydens ‘blydskap’ oor Thatcher-afsterwe
