Voëlgriep weer in Oudtshoorn ontdek

Die uitvoer van volstruisvleis in die Klein Karoo het ‘n terugslag gekry met ‘n verbod wat waarskynlik ingestel kan word nadat ‘n voëlgriepvirus op ‘n plaas naby Oudtshoorn voorgekom het, berig Landbou.com.

Die Volstruissakekamer (VBK) het verlede week gesê hy hoop uitvoere kan binnekort hervat word ná ‘n uitbreking van H5N2 in April 2011 tot die verbod gelei het.

Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou, het in ‘n verklaring gesê die patogeniese samestelling van die virus en die oorsprong is tans onbekend, maar monsters word tans hiervoor getoets.

Van Rensburg het vroeër aangekondig dat die monsters positief getoets het vir ‘n stam van die virus.

Ondersoek word ook ingestel om die bron van die infeksie vas te stel. ‘n Woordvoerder vir die ministerie, Wouter Kriel sê die omliggende plase sal ook onder kwarantyn geplaas word.

Maak 'n opvolg-bydrae