Gesteelde kunswerke teruggevind

Die Stad van Tshwane het bevestig dat vier gesteelde skilderye gister in Port Elizabeth opgespoor is. Die werke is Sondag gesteel uit die Pretoriase Kunsmuseum. ‘n Woordvoerder Pieter de Necker, het gesê die museum se kurators het foto’s van die skilderye wat deur die polisie in die Oos-Kaap geneem is, gesien en bevestig dat dit

Lees verder: Gesteelde kunswerke teruggevind

Moot: Slinkse huishulp terug

‘n Slinkse huishulp is steeds doening in die Moot-omgewing maan Moot-polisiestasie. Die huishulp met die lang vingers is weer terug. So maan die Moot-polisiestasie inwoners na daar nog sake van diefstal rakende dié huishulp by die Moot- asook die Villieria-polisiestasie aangemeld was. Na die eerste waarskuwing van die Moot-polisie in Julie en wat deur Rekord

Lees verder: Moot: Slinkse huishulp terug

Nagmerrie-aanval: Slagoffer vertel

‘Dit het gevoel soos ‘n nagmerrie, dit het gevoel of dit onwaar is,’ so vertel Gertjie du Plessis wie se dapperheid, kalmte, en samewerking tydens ‘n rooftog ‘n moontlike gesins- en gemeenskapstragedie afgeweer het. ‘n Bekende sakeman van Tzaneen se seun het Sondagoggend vroeg in sy kamer wakker geskrik toe twee vuurwapens teen sy slape

Lees verder: Nagmerrie-aanval: Slagoffer vertel

CIA-seksskandaal: Intrige verdiep

‘n Rybewys van die vrou wat die middelpunt is van ‘n seksskandaal in Washington is, is deur ‘n drawwer in ‘n park in die hoofstad gevind, het ‘n woordvoerder gesê. Paula Broadwell se rybewys is Sondag aan owerhede oorhandig. “Dit is onlangs gevind en dit is in ons besit. Dit is die 11de ingehandig,” het

Lees verder: CIA-seksskandaal: Intrige verdiep

ANC vra boikot van SA wyn

Die ANC in die Oos-Kaap vra dat Suid-Afrikaanse wyn geboikot word. Dié oproep kom te midde van ‘n voortslepende staking deur plaaswerkers wat beter lone en werkstoestande eis. Mlibo Qoboshiyane, woordvoerder van die ANC in die Oos-Kaap, het gesê mense sal die uitbuiting van werkers ondersteun indien hulle aanhou om wyn, wat in Suid-Afrika gemaak

Lees verder: ANC vra boikot van SA wyn

Sasco moet aanhitsing by Tuks staak

“SASCO (South African Student Congress) se “Rassisme is Misdaad-veldtog”, is nog ‘n poging van die beweging om ANC-beleid op studente af te dwing en onverdraagsaamheid aan te hits”, sê John-Pierre Erasmus, voorsitter van VF Plus Tas. Die veldtog is vanoggend op die Tukkie-kampus in Pretoria geloods. “‘n SASCO-dokument is in aanloop van die loodsing by

Lees verder: Sasco moet aanhitsing by Tuks staak

Motoriste hoef nie gewone posboetes te betaal nie

Die minister van vervoer, mnr. Sbu Ndebele, het in ‘n antwoord op ‘n vraag van adv. Anton Alberts in die parlement weer eens bevestig dat geen kennisgewing van padverkeersoortredings per gewone pos afgelewer mag word nie, maar ingevolge artikel 30 van die wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeersoortredings, (AARTO), wet 46 van 1998, slegs

Lees verder: Motoriste hoef nie gewone posboetes te betaal nie

VF+ wil klag by MRK lê oor Cosatu-uitspraak

Die Vryheidsfront Plus gaan die Menseregtekommissie (MRK) versoek om ondersoek in te stel na die geldigheid van stellings wat aan mnr. Tony Ehrenreich, streeksekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, toegedig word. Volgens sms-boodskappe wat die party ontvang het asook aanhalings wat op die Facebook-blad van “Cape Independence from South Africa” geplaas is, het mnr. Ehrenreich

Lees verder: VF+ wil klag by MRK lê oor Cosatu-uitspraak

Boere volg vrye mark, arbeid nie

Na aanleiding van die onrus by De Doorns, het die Minister van Landbou TLU SA, saam met ander rolspelers in georganiseerde landbou, ontbied oor ‘n gesprek rondom minimum lone in die landbou. TLU SA se standpunt was dat daar nie eensydig na die minimum loon van werkers in De Doorns gekyk kan word nie. Die

Lees verder: Boere volg vrye mark, arbeid nie

Mandela-noot reeds vervals

Die eienaar van ‘n drankwinkel in Landanna, Polokwane, waarsku dat die nuwe banknote wat onlangs deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank vrygestel is, reeds deur skelms vervals is. Cuan Crouch, eienaar van New Era Bottelstoor, het gesê hy het Woensdagaand toe hy die daaglikse rekonsiliasies begin doen, ‘n vals R100-noot opgemerk. “Die note is maar slegs ‘n

Lees verder: Mandela-noot reeds vervals