SA koop Swaziland oor

Suid-Afrika het ooreengekom om ‘n lening van R2,5 miljard aan sy buurland Swaziland, wat ‘n finansiële krisis probeer afweer, te maak, het die Reserwebank Woensdag gesê. Woordvoerder Hlengani Mathebula het die ooreenkoms bevestig, maar wou geen besonderhede ivm die lening gee nie. “Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is slegs ‘n fasiliteringsmeganisme,” het hy aan AFP gesê. Pravin

Lees verder: SA koop Swaziland oor

Avusa klap sweep, dank redakteur af

Beeld berig dat Justice Malala, Avusa se uitgewer, van die Sowetan se redakteur ontslae geraak het. Len Maseko was glo met verlof toe ‘n omstrede rubriek gepubliseer is, maar selfs dit kon hom nie red van die toorn van sy Brits-gesinde base nie. “Al was Maseko met verlof in dié tydperk, aanvaar hy die gevolge

Lees verder: Avusa klap sweep, dank redakteur af

Duitsers waarsku Facebook oor koverte data-insameling

Die Hamburgse gesag wat kyk na die beskerming van data, het Dinsdag beslis dat Facebook se gesigsherkenningsfunksie, wat poog om mense in die foto’s wat opgelaai is na die werf te identifiseer, in stryd is met die Duitse wet op privaatheid. Johannes Caspar, die hoof van die owerheid, het gesê dat Facebook nie gebruikers se

Lees verder: Duitsers waarsku Facebook oor koverte data-insameling

Wit held sterf vir tydsgewrig

Strokiesprentliefhebbers neem hul fiktiewe helde ernstig op, dus kan dit as ‘n skok kom vir sommige dat Peter Parker, wie se lot vir ewig verander is deur ‘n radioaktiewe/genetiesgemanipuleerde spinnekop, doodgaan in die “Ultimates” se verhaal van Marvel Comics . Die nuwe reeks verskil van Marvel se standaardstorielyn, waar Peter Parker moedig, arm en wiskundig

Lees verder: Wit held sterf vir tydsgewrig

Naspers se skreiende dubbele standaarde

Toe die vermeende straatnaamveranderaars in Pretoria vasgetrek is, is nie net hulle ras nie, maar sommer ook hulle kerkverband (bid jou aan!) wyd en syd deur Naspers se publikasies gepubliseer. Gemeet aan die skokkende standaarde van geweldsmisdaad in Suid-Afrika, is die beweerde straatnaamverandering waarskynlik in die onderste een-duisendste op die skaal van erns betreffende misdaad.

Lees verder: Naspers se skreiende dubbele standaarde

Krugersdorpinwoner se kop deur rowers verbrysel

‘n Vrou van Monument in Krugersdorp se lyk is Dinsdag in haar huis aangetref waar haar kop oënskynlik met ‘n tuinskêr verbrysel is. Fan Liebenberg (80), is so verniel dat sy skaars herkenbaar was. Die moord is enkele dae nadat sy van haar vakansiehuis in Margate aan die KwaZulu-Natalse suidkus teruggekeer het, gepleeg. Haar lyk

Lees verder: Krugersdorpinwoner se kop deur rowers verbrysel

Noorweë onttrek uit NAVO-sending

Noorweë het Maandag sy laaste vier F-16 vegvliegtuie onttrek wat deel van Navo se sending oor Libië was, het die Noorweegse weermag gesê. Die Noorweegse vliegtuie het 583 sendings oor Libië gevlieg uit ‘n totaal van 6 493 wat sedert 31 Maart deur NAVO uitgevoer is. Die vliegtuie het altesaam 569 bomme in Libië laat

Lees verder: Noorweë onttrek uit NAVO-sending

Omgewingspesialis vrees cholera in Jukskei

Mnr Paul Fairall, ‘n omgewingsaktivis wat ook ‘n deskundige oor vleilande en die rivieroewers is en die voorsitter van die Jukskei-opvanggebied se bestuursforum, het gesê die Jukskeirivier in Johannesburg is besmet met cholera. Die stroom wat die begin vanaf Bruma, deur Morninghill, deur Oriel en verby Alexandra is hoogs besmet, volgens Fairall. Hy het gesê

Lees verder: Omgewingspesialis vrees cholera in Jukskei