Padtoets! Chevrolet Cruze bied weelde én waarde

Ons motorredakteur, André Olivier, het ‘n paar dae met ‘n Chevrolet Cruze wat deur GM Suid-Afrika aan PRAAG geleen is, deurgebring. Hier is sy indrukke. Ná al die drama wat die afgelope 12 maande reg oor die wêreld in verskeie ekonomieë ondervind is, het daar ‘n vars briesie by ons deur ingewaai. General Motors was

Lees verder: Padtoets! Chevrolet Cruze bied weelde én waarde

‘Polisie mag nie op onskuldige mense skiet nie’

Die dood van ‘n drie-jarige kleuter wat glo deur ‘n skietmal-polisieman doodgeskiet is, was “pure misdaad”, het Bheki Cele, die nasionale polisiekommissaris se woordvoerder luidens ‘n verklaring gesê. “Mense hoor wat die kommissaris juis nie sê nie,” het Nonkululeko Mbatha gesê. “Wat (Cele) gesê het, is dat lede van die polisie beslissend en na gelang

Lees verder: ‘Polisie mag nie op onskuldige mense skiet nie’

Zuma ‘eerste in die ry vir Vigstoets’

’n Reuse-veldtog word beplan om mense aan te moedig om hulself vrywillig vir MIV/vigs te toets. Pres. Jacob Zuma sal “die eerste een in die ry wees”. Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het aangekondig dat Suid-Afrika die wêreld se grootste teenvigsveldtog van stapel wil stuur. “Lede van die kabinet moet strategiese leierskap toon, en

Lees verder: Zuma ‘eerste in die ry vir Vigstoets’

Zuma beste Afrikapresident vir 2009

President Jacob Zuma is vereer met die toekenning vir die beste president van Afrika vir 2009. Die toekenning is Dinsdagaand gedurende ‘n seremonie in Sandton aan hom oorhandig. Die toekenning is deur die African Consciousness Media en die Kenneth Kaunda Stigting gestig vir die erkenning van Afrikaleiers. “Die toekenning is ‘n gepaste manier om hulde

Lees verder: Zuma beste Afrikapresident vir 2009

Nog ‘n ma deur polisie verkrag

Nog ’n jong ma, 29, van ’n 18 maande oue seuntjie het gister gesê sy is nie meer ’n mens nie, nadat ’n polisieman haar na bewering verkrag het terwyl sy by die Rustenburg-polisiekantoor aangehou is, berig Beeld. Sy is in die selle toegesluit  maar wou badkamer toe gaan. ’n Polisieman het haar vergesel. In

Lees verder: Nog ‘n ma deur polisie verkrag

Die visie van Fourie du Preez

Fourie du Preez het al die fisiese toerusting van ‘n eersterangse skrumskakel: Hy is vinnig, sterk, taai. Maar so is ‘n dosyn ander skrumskakels net in Suid-Afrika. Hierdie eienskappe is maar net die toegangskaartjie, die lisensie om rugby op die hoogste vlak te speel. Du Preez is egter nie net enige skrumskakel nie; hy is

Lees verder: Die visie van Fourie du Preez

SA leuse: ‘Kom wat wil, ons kruip’

Gelukkig is ek ‘n Afrikaner en geen Suid-Afrikaner nie. Dus hoef ek my nie te skaam oor my medeburgers waarvan ‘n groot aantal verkragters, rowers en moordenaars is en boonop die slegste sokkerspan ter wêreld het nie. Afgesien van hul neiging om soos daardie kinders op ‘n eiland sonder volwasse toesig op te tree wat

Lees verder: SA leuse: ‘Kom wat wil, ons kruip’

Vredesproses in Midde-Ooste wys tamheid

Amerikaanse pogings om die vredesproses in die Midde-Ooste weer aan die gang te kry, het ‘n terugslag beleef nadat president Barack Obama en Israeli premier Benjamin Netanyahu se ontmoeting tekens van spanning getoon het. Nadat die twee ‘n uur en 40 minute lank gesels het, wou die Amerikaanse president nie saam met sy Israelse eweknie

Lees verder: Vredesproses in Midde-Ooste wys tamheid

Gorbatsjof sê VSA kan nie wen in Afghanistan

Voormalige Sowjetpresident Mikhail Gorbatsjof, 78, sê die VSA sal nie die konflik in Afghanistan baasraak nie en moet hulle soldate onttrek. Hy het verwys na Rusland se ervaring in die land gedurende die tagtigerjare. Afghanistan, waar die VSA en NAVO ‘n Taliban-insurgensie probeer kortvat, is te verdeel in stamme om militêr te oorwin, het Gorbatsjof

Lees verder: Gorbatsjof sê VSA kan nie wen in Afghanistan