Dwelms aan laerskoolkinders verkoop

Dwelms word aan kinders so jonk as 12 jaar oud by skole verkoop, het lt.genl. Mzwandile Petros, polisiekommissaris van Gauteng, Woensdag gesê. “Ek het met die skoolhoofde van laerskole in sommige van ons gebiede vergader oor die dwelmprobleem. Die situasie is erg en sommige het selfs aangedui dat hulle hulpeloos is,” het hy aan joernaliste

Lees verder: Dwelms aan laerskoolkinders verkoop

SAner sterf in Australiese woestyn

‘n 25-jarige Suid-Afrikaner is dood terwyl sy kollega in die hospitaal herstel nadat hulle in versengende hitte in ‘n Australiese woestyn vasgekeer is. Mauritz Pieterse en sy 30-jarige kollega was besig met ‘n roetine inspeksie in die Simpson-woestyn toe hulle met ‘n viertrek-voertuig in sand vasgeval het. Die kwik het tot 45°C geklim en hulle

Lees verder: SAner sterf in Australiese woestyn

VSA gaan glo op landbou in SA konsentreer

Donald Gips, Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, het Woensdagoggend by sy ampswoning in Pretoria kort ná pres. Barack Obama se oorwinning, belowe dat die VSA sal konsentreer op landbou in Afrika en Suid-Afrika. Hy het aan Beeld gesê Suid-Afrika en die VSA het oor die afgelope vier jaar ‘n “baie sterk vennootskap” gebou en het nou

Lees verder: VSA gaan glo op landbou in SA konsentreer

SARK wil Gaga stop

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke se jeugforum gaan saam met ander Christelike groepe poog om Lady Gaga te verhinder om Suid-Afrika te besoek deur druk op die ANC te plaas.  Gaga, wie se regte naam Stefani Germanotta is, het al verskeie politieke veldtogte ondersteun, veral gayregteveldtogte in Amerika. Sy het ook haar ondersteuners aangemoedig om

Lees verder: SARK wil Gaga stop

Vyf werkers by rioolaanleg dood

Vyf werkers van die Sol Plaatje Munisipaliteit by Kimberley se Homevalerioolverwerkingsaanleg is dood, het ‘n amptenaar Dinsdag gesê. “Ons bevestig die dood van vyf van ons werkers … om ongeveer 12:45 vandag (Dinsdag),” het Sello Matsie, woordvoerder vir die munisipaliteit gesê. Hy het gesê een van die werkers het die pomphuis skoonmaak, ongeveer ses meter

Lees verder: Vyf werkers by rioolaanleg dood

Wag se tong uitgesny

‘n Veiligheidswag se tong is uitgesny gedurende die aanloop tot die Marikana-slagting, het die Farlam-kommissie Dinsdag gehoor. Hy is in Augustus tydens geweldadige betogings gedood. Die inligting vorm is vervat in kol. Victor Visser se voorlegging oor die gebeure wat gelei het tot die skietery by Marikana op 16 Augustus. Vier-en-dertig mynwerkers het in die

Lees verder: Wag se tong uitgesny

Obama die wenner, sê mediavooruitskattings

‘n Oorwinning vir pres. Barack Obama word voorspel in die verkiesingstryd teen sy Republikeinse teenstander, Mitt Romney, deur Amerikaanse televisienetwerke. Obama het teen vroeg Woensdagoggend oorwinnings in ‘n aantal sleutelstate agter sy naam gehad en projeksies het aangetoon dat hy die nodige stemme in die kieskollege sal werf om as die VSA se president vir

Lees verder: Obama die wenner, sê mediavooruitskattings

Hoe om Afrikaans te knou

Waarom veg dosente van Afrikaans nie in die voorste linie wanneer Afrikaans as universitêre onderrigtaal afgeskaal (bv aan die US) of selfs afgeskaf (bv aan die UWK) word nie? Hierdie vraag hinder my al lank. Aan die Universiteit Stellenbosch (US) is hierdie taak (die taalstryd of -debat) jare lank oorgelaat aan bv ‘n historikus, Hermann

Lees verder: Hoe om Afrikaans te knou

Situasie in De Doorns gespanne

Ongeveer 8 000 plaaswerkers het Dinsdag in De Doorns byeengekom ná gewelddadige oproer waarin wingerde in ligte laie gelaat is, het ‘n amptenaar van die Wes-Kaapse departement van landbou gesê. “Die situasie is baie gespanne, maar dit lyk op die oomblik of die polisie beheer geneem het. Hulle het ook vir versterkings gevra en ‘n

Lees verder: Situasie in De Doorns gespanne

Prof en vrou in Pretoria geskiet

‘n Professor aan die Universiteit van Pretoria (UP) is in ‘n kritieke, dog stabiele toestand in die hospitaal nadat hy deur inbrekers in sy huis in Elarduspark geskiet is, het Beeld berig. Prof. Max Braun, hoof van die UP se departement wetenskap-, wiskunde- en tegnologie-onderrig, is in die maag geskiet en moes 12 bloedoortappings ondergaan

Lees verder: Prof en vrou in Pretoria geskiet