Ons kán en móét Zuma nie teëgaan nie

Hoe lyk ons toekoms onder Jacob Zuma en behoort Afrikaners regeringsverandering na te streef? Dié vraag het Donderdag ná ‘n lang vergadering hier in Johannesburg skielik opgeduik en indringende debat ontketen. Die geleentheid was een van die gereelde byeenkomste van die Afrikaner- Strategiese Komitee, kortweg SK. Die komitee is in September 2011 gestig en het

Lees verder: Ons kán en móét Zuma nie teëgaan nie

VSA dryf homoseksuele agenda, sê aartsbiskop

Die Katolieke Aartsbiskop van Durban, Wilfred Napier, het dié week Amerikaanse voorwaardes vir hulp aan ontwikkelende lande, insluitend die verspreiding van kondome en die bevordering van die regte van homoseksuele mense, veroordeel. Napier was vroeër in die spervuur, nadat hy pedofiele as siek mense beskryf het en nie misdadigers nie. Hy het Amerikaanse inmenging as

Lees verder: VSA dryf homoseksuele agenda, sê aartsbiskop

Vermeende kinderwelsyndief kry bevordering

‘n Vrou wat na bewering R3,8 miljoen van Kinderwelsyn SA gesteel het, sal Vrydag in die Kimberley-landdroshof verskyn. Die 57-jarige vrou het na bewering tussen 2009 en 2011 altesaam R3,8 miljoen van dié organisasie in Kimberley gesteel. Sy het volgens die Valke maatskaplike toelaes na haar persoonlike rekening oorbetaal. Die verdagte is in Februarie in

Lees verder: Vermeende kinderwelsyndief kry bevordering

Dubbele standaarde vir Derby-Lewis, Walus en APLA-terroriste, Shaik

“Twintig jaar het verstryk sedert Chris Hani deur Janus Walus doodgeskiet is en Walus, asook Clive Derby-Lewis, lewenslange gevangenisstraf weens die moord opgelê is. Geheues het vervaag en ANC-propaganda oordonder feite en die harde werklikhede. In belang van reg en geregtigheid is dit noodsaaklik dat die werklike feite blootgele en die saak in perspektief gestel

Lees verder: Dubbele standaarde vir Derby-Lewis, Walus en APLA-terroriste, Shaik

Gautengers gaan vir e-tol moet opdok

Die ongewilde e-tolstelsel sal binne die volgende twee maande op Gautengse paaie in werking gestel word, het Sanral Donderdag gesê. “Ons wag nou dat die parlementêre proses voltooi word, met die helfte reeds afgehandel,” het Vusi Mona, woordvoerder vir Sanral, in ‘n verklaring gesê. Wetgewing moet afgehandel word, waarna die minister van vervoer, Ben Martins,

Lees verder: Gautengers gaan vir e-tol moet opdok

Engels in howe eggo imperialisme sê VRA

Regter Cynthia Pretorius se pleidooi dat slegs Engels die enigste hoftaal moet geld, is ondeurdag, onverantwoordelik en ongrondwetlik. Die Vereniging van Regslui vir Afrikaans (VRA) het só gereageer op Pretorius wat Woensdag voor die Regterlike Dienskommissie (RDK) verskyn het om te vra dat Afrikaans afgeskaf word. Sy is een van drie kandidate vir die pos

Lees verder: Engels in howe eggo imperialisme sê VRA

Rekenaarverkope tuimel

Microsoft se nuwe Windows 8-bedryfstelsel stoot gebruikers af van rekenaars na slimfone en tabletrekenaars, het die marknavorser IDC Woensdag gesê. Die verkope van gewone rekenaars het in die eerste drie maande van 2013 met 14% gedaal, het IDC gesê. Dit is die skerpste daling sedert die navorsing in 1994 oor die rekenaarbedryf begin het. Microsoft

Lees verder: Rekenaarverkope tuimel

Thatcher-begrafnis ‘n openbare betrekkinge oefening

Die eerste van meer as 2 000 uitnodigings vir die begrafnis van die ontslape oudpremier van Brittanje, Margaret Thatcher, sal Vrydag uitgestuur word. Dié uitnodigings sal onder andere gestuur word aan verskeie wêreldleiers, insluitend al die lewende Amerikaanse oudpresidente en voormalige Britse premiers, sowel as aan Britse vermaaklikheidsterre soos die Top Gear-aanbieder Jeremy Clarkson. Belangrike

Lees verder: Thatcher-begrafnis ‘n openbare betrekkinge oefening

Zuma, Manuel stem saam oor apartheid

Uitsprake oor apartheid se nalatenskap in Suid-Afrika deur pres. Jacob Zuma en Trevor Manuel, minister in die presidensie, weerspreek mekaar nié, het die presidensie Donderdag gesê. “Om te sê apartheid se nalatenskap en impak bestaan steeds en sal vir ‘n lang ruk nog met ons wees, beteken nie die president sê staatsamptenare moet dit gebruik

Lees verder: Zuma, Manuel stem saam oor apartheid

Polisie slaan op penis-pamflette toe

Die Johannesburgse Metropolisie het Donderdag op ‘n onderneming wat pamflette vir penisvergrotings met eksplisiete foto’s daarop in die stad versprei, toegeslaan Twee mans wat die pamflette in Breestraat versprei het, het beamptes na ‘n kantoor in 220 Jeppestraat gelei, waar plakkate en pamflette vir die penisvergrotings gedruk word, het hoofsupt. Wayne Minnaar, polisiewoordvoerder, gesê. Beamptes het

Lees verder: Polisie slaan op penis-pamflette toe