Polisie slaan op penis-pamflette toe

Die Johannesburgse Metropolisie het Donderdag op ‘n onderneming wat pamflette vir penisvergrotings met eksplisiete foto’s daarop in die stad versprei, toegeslaan

Twee mans wat die pamflette in Breestraat versprei het, het beamptes na ‘n kantoor in 220 Jeppestraat gelei, waar plakkate en pamflette vir die penisvergrotings gedruk word, het hoofsupt. Wayne Minnaar, polisiewoordvoerder, gesê.

Beamptes het op ongeveer 30 000 pamflette beslag gelê, asook op vervalste Nike- en Puma-T-hemde wat ook op die perseel vervaardig is.

Die polisie probeer die eienaar van die onderneming opspoor. Hy sal daarvan aangekla word dat hy onder andere die Wet op Seksuele Oortredings verontagsaam het, weens die eksplisiete foto’s op die pamflette.

Maak 'n opvolg-bydrae