VSA dryf homoseksuele agenda, sê aartsbiskop

Die Katolieke Aartsbiskop van Durban, Wilfred Napier, het dié week Amerikaanse voorwaardes vir hulp aan ontwikkelende lande, insluitend die verspreiding van kondome en die bevordering van die regte van homoseksuele mense, veroordeel.

Napier was vroeër in die spervuur, nadat hy pedofiele as siek mense beskryf het en nie misdadigers nie.

Hy het Amerikaanse inmenging as ‘n nuwe vorm van slawerny bestempel.

Hy het ook ontken dat hy homofobies is, deur te sê dit is onmoontlik aangesien hy geen homoseksuele mense ken nie.

Gerugte wil dit hê dat ‘n nuwe Pous gekies is omdat die vorige Katolieke kerkleier nie kans gesien het vir die groeiende skandaal oor kindermolestering in sy gemeentes wêreldwyd nie.

Napier was een van die 115 kardinale wat Pous Franciscus in Maart as die nuwe hoof van die Katolieke kerk verkies het.

Hy sê Suid-Afrika is besig om Amerika se agenda uit te voer met betrekking tot huwelike tussen mense van dieselfde geslag.

Sy opmerkings het woede uitgelok, slegs weke nadat hy moes verskoning vra omdat hy gesê het pedofilie is ‘n siekte en nie ‘n misdaad nie.

Maak 'n opvolg-bydrae