Vermeende kinderwelsyndief kry bevordering

‘n Vrou wat na bewering R3,8 miljoen van Kinderwelsyn SA gesteel het, sal Vrydag in die Kimberley-landdroshof verskyn.

Die 57-jarige vrou het na bewering tussen 2009 en 2011 altesaam R3,8 miljoen van dié organisasie in Kimberley gesteel.

Sy het volgens die Valke maatskaplike toelaes na haar persoonlike rekening oorbetaal.

Die verdagte is in Februarie in hegtenis geneem en sal teregstaan op 158 aanklagte van bedrog en korrupsie.

Sy is onlangs as ‘n senior bestuurder in die provinsie se onderwysdepartement aangestel.

Maak 'n opvolg-bydrae