De Doorns was diensleweringsopstand sê minister

Wes-Kaapse plaaswerkers het hul protes oor lone en lewensomstandighede vir twee weke opgeskort, het waarnemende minister van Arbeid, Angie Motshekga Woensdag gesê. Sy het gesê die Cosatu het werkers geraadpleeg en daar is ooreengekom dat hulle Donderdag sal terugkeer om te werk en hulle moet hulself weerhou van geweld en vandalisme. Die opskorting is op

Lees verder: De Doorns was diensleweringsopstand sê minister

DA vra dat weermag in Wes-Kaap ontplooi word

Die Wes-Kaapse premier het president Jacob Zuma gevra om die weermag op plase in sowat 16 dorpe te ontplooi wat deur onrus geteister word. Sy het gereageer op die gewelddadige betogings ten gunste van hoër lone wat steeds verder uitkring in die provinsie. Zille sê Zuma behoort ook die Minister van Arbeid, Mildred Oliphant, uit

Lees verder: DA vra dat weermag in Wes-Kaap ontplooi word

Boere versper pad na Ceres

Boere het Woensdag die enigste ingang na Ceres vanaf Kaapstad met hope puin, klippe en sand afgesper. Kanonkopboer Hennie du Preez, een van ongeveer 10 wat betrokke is in die versperring van die R46, sowat 25km buite Ceres, het gesê hulle wil Breedevalleiplase beskerm teen betogers. “Die rede waarom ons die pad geblokkeer het is

Lees verder: Boere versper pad na Ceres

Onbevestigde gerugte dat boer deur werkers aangeval en doodgemaak is

‘n Woordvoerder van die Onafhanklike Polisie-ondersoekende Direktoraat (Opod) Moses Dlamini het gesê dat ‘n ondersoeker op pad is na die toneel om meer besonderhede te kry oor die plaaswerker wat deur die polisie geskiet is. “Ek kan bevestig dat een persoon dood is, Maar ons het net ‘n verslag dat drie beseer is. ‘n Ondersoeker

Lees verder: Onbevestigde gerugte dat boer deur werkers aangeval en doodgemaak is

Wes-Kaapse oproer dreig om polisie te oorspoel

Die Wes-Kaapse polisie monitor stakings en onluste in 14 afsonderlike gebiede in die provinsie, het ‘n woordvoerder Dinsdagmiddag gesê. “Die Wes-Kaapse polisie is tans ontplooi by ‘n aantal onluste wat verband hou met plaaswerkers se loongeskil, en 14 gebiede word daardeur geraak,” het lt.kol. Andre Traut in ‘n e-pos gesê. “Die fokus is egter op

Lees verder: Wes-Kaapse oproer dreig om polisie te oorspoel

Plunderaars sak op St. Francisbaai toe

Hierdie keer was die rampgebied St. Francisbaai. Net soos met alle rampgebiede, sak plunderaars dadelik op die toneel toe. Diewe het blykbaar al in die brandende vakansiedorp toegeslaan nog voordat die brande geblus is. Die diewe het op bote en waterponies het toegeslaan terwyl inwoners hulpeloos toegekyk het hoe hulle die buit wegdra. Niemand het

Lees verder: Plunderaars sak op St. Francisbaai toe

Gesteelde kunswerke teruggevind

Die Stad van Tshwane het bevestig dat vier gesteelde skilderye gister in Port Elizabeth opgespoor is. Die werke is Sondag gesteel uit die Pretoriase Kunsmuseum. ‘n Woordvoerder Pieter de Necker, het gesê die museum se kurators het foto’s van die skilderye wat deur die polisie in die Oos-Kaap geneem is, gesien en bevestig dat dit

Lees verder: Gesteelde kunswerke teruggevind

Moot: Slinkse huishulp terug

‘n Slinkse huishulp is steeds doening in die Moot-omgewing maan Moot-polisiestasie. Die huishulp met die lang vingers is weer terug. So maan die Moot-polisiestasie inwoners na daar nog sake van diefstal rakende dié huishulp by die Moot- asook die Villieria-polisiestasie aangemeld was. Na die eerste waarskuwing van die Moot-polisie in Julie en wat deur Rekord

Lees verder: Moot: Slinkse huishulp terug

Nagmerrie-aanval: Slagoffer vertel

‘Dit het gevoel soos ‘n nagmerrie, dit het gevoel of dit onwaar is,’ so vertel Gertjie du Plessis wie se dapperheid, kalmte, en samewerking tydens ‘n rooftog ‘n moontlike gesins- en gemeenskapstragedie afgeweer het. ‘n Bekende sakeman van Tzaneen se seun het Sondagoggend vroeg in sy kamer wakker geskrik toe twee vuurwapens teen sy slape

Lees verder: Nagmerrie-aanval: Slagoffer vertel

CIA-seksskandaal: Intrige verdiep

‘n Rybewys van die vrou wat die middelpunt is van ‘n seksskandaal in Washington is, is deur ‘n drawwer in ‘n park in die hoofstad gevind, het ‘n woordvoerder gesê. Paula Broadwell se rybewys is Sondag aan owerhede oorhandig. “Dit is onlangs gevind en dit is in ons besit. Dit is die 11de ingehandig,” het

Lees verder: CIA-seksskandaal: Intrige verdiep