“Ek kan bevestig dat een persoon dood is, Maar ons het net ‘n verslag dat drie beseer is. ‘n Ondersoeker sal daarheen gaan om meer inligting in te samel.”
Demokratiese Alliansie-woordvoerder Zak Mbhele het gewys op onbevestigde verslae wat ontvang is deur die party wat aandui dat ‘n boer in die provinsie doodgemaak is.
“Nog ‘n onbevestigde verslag is dat ‘n boer deur ‘n skare betogers aangeval is en daarna doodgeslaan is. Ons het geen verdere besonderhede op hierdie stadium nie.”
Traut het gesê die polisie het ook probeer om uit te vind oor die tweede moord.
Die Hexriviervallei se loonarbeiders eis R150 ‘n dag. Meeste verdien tussen R69 en R75 per dag, met R80 synde die hoogste en enigste aanbod van boere tot dusver.
Betogers versper paaie met brandende bande dwarsoor die provinsie.
“Die wydverspreide onrus deur plaaswerkers … is ‘n saak van kommer en hoewel alle pogings om wet en orde te handhaaf aangewend word, is dit billik om te erken dat ons reaksietyd gekompromitteer is en deur die situasie beperk word,” het Traut gesê.
AfriForum het ʼn beroep op President Jacob Zuma en die minister van polisie, Nathi Mthethwa gedoen om in te gryp.
“Ons verwag dat minister Mthethwa persoonlik die toneel sal besoek om te verseker dat die oortreders suksesvol vervolg word,” het adjunk-uitvoerende hoof, Ernst Roets, gesê in ‘n verklaring.
