‘n Werknemer van Denel en ‘n sakeman is in hegtenis geneem in ‘n ondersoek na die beweerde diefstal van waardevolle missielwapentegnologie van Denel Dynamics en ‘n plan om dit te verkoop aan Israel. City Press het vasgestel dat veiligheidsinstansies na bewering betrokke was by ‘n transaksie waarin die beskuldigdes gedink het hulle verkoop iets aan
26 November gaan ‘n ‘hartseerdag’ vir Afrikaans wees
Riaan Cruywagen, die bekende Afrikaanse nuusleser, se TV-stem sal teen die einde van dié maand stil word. Die SABC, het bevestig dat dié veteraan- Afrikaanse nuusleser ná 37 jaar van uitnemende diens op die ouderdom van 67 gaan aftree. Hy sal op Maandag 26 November groet, 37 jaar op die dag en datum nadat hy
Lees verder: 26 November gaan ‘n ‘hartseerdag’ vir Afrikaans wees
Stem op sestien?
Argentinië het ‘n wet goedgekeur om die stemouderdom na 16 jaar te verlaag in ‘n skuif wat pres. Cristina Kirchner se populistiese regerende party voor aanstaande jaar se verkiesings ‘n hupstoot kan gee. Argentyne wat 18 jaar en ouer is (sowat 29 miljoen van die land se bevolking), word verplig om te stem. Sestien- en
Zuma sê stakers moet begin werk
Pres. Jacob Zuma het weer ‘n beroep op stakende mynwerkers gedoen om terug te keer werk toe. Zuma sê hoewel werkers vir hul regte mag opstaan, behoort dit binne die perke van die wet te geskied. “… Ek wil herhaal dat geweld en intimidasie tot ‘n einde moet kom in die gebiede waar stakings steeds
SA vaar heel swakste in Wiskunde
Die gehalte van wiskunde- en wetenskaponderwys in Suid-Afrika is die swakste ter wêreld. Suid-Afrika het laaste gekom in die kategorie vir wiskunde- en wetenskaponderrig in ‘n peiling van 62 lande, wat deur die Wêreld- Ekonomiese Forum gedoen is. Suid-Afrika was ook in die 54ste plek op die lys van lande vir die persentasie van die
Vyf swartes voor oor Unisa-eksamendiefstal
Vyf mans wat daarvan verdink word dat hulle eksamen-vraestelle by Unisa se kampus in Pretoria gesteel het, het Donderdag in die Pretoria-landdroshof verskyn. Blessing Tsodzo, Simba Nicolas Chira, Arnold Andy Chirare, Alton Mugadani Mashau en Simbarashe Faya sal op 5 November weer in die hof verskyn. Hulle sal tot dan in aanhouding bly, het kapt.
FW, Zuma verskil oor ekonomie
Oudpres. FW de Klerk probeer maak asof die Nasionale Party ‘n beter regering was as wat die ANC is, het die ANC in die Oos-Kaap Donderdag gesê. “Hy vergeet in ons 18 jaar van demokratiese regering, het ons dinge gedoen wat hulle opsetlik besluit het om nie te doen nie,” het Lubabalo Oscar Mabuyane, provinsiale
Jaap Kelder lê beslag op munisipale bussie
Mnr. Jaap Kelder, die bekende munisipale aktivis en Afrikanerleier, het so pas beslag gelê op ‘n voertuig wat aan die Ekurhuleni-munisipaliteit behoort. ‘n Mercedes-Vito-bussie met die registrasienommer SFX904GP sal nou opgeveil word om die R16 425 wat die munisipaliteit mnr. Kelder skuld, te delg. Die skuld het oorspronklik ontstaan omdat Ekurhuleni mnr. Kelder se elektrisiteit
R6 miljoen verdwyn uit munisipale rekening
Die Moses Kotane-munisipaliteit in die Noordwes het die bankrekeninge van 15 mense en entiteite laat bevries ná meer as R6 miljoen in minder as vier dae uit die munisipale rekening verdwyn het, het Beeld Donderdag berig. Die hooggeregshof in Pretoria het Absa, Eerste Nasionale Bank, Nedbank en Standard Bank Dinsdag beveel om die sake-, trust-,
Katrina, Irene, Sandy
Water wat ses voet hoog gestyg het nog skaars heeltemal weggedreineer uit die strate van Coney Island in Brooklyn, NY, toe swart plunderaars reeds op die oorblyfsels van kwesbare winkels op Mermaid Avenue begin toesak het. Dinsdagoggendvroeg het werkers by Mega Aid Apteek aangekom om uit te vind dat die orkaan Sandy nie alleen die
