Opposisie wil hof nader om wantroue-mosie

Die Hooggeregshof in Kaapstad sal Dinsdag ‘n dringende hofaansoek deur opposisiepartye aanhoor om die speaker van die Nasionale Vergadering, Max Sisulu, te dwing om ‘n debat te hou oor die mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma. Die aansoek vir die dringende interdik is Vrydag deur die DA se parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, namens ‘n

Lees verder: Opposisie wil hof nader om wantroue-mosie

Petrolprys kan skerp daal

‘n Ekonoom het aan East Coast Radio gesê die prys van petrol sal waarskynlik volgende maand “aansienlik” verminder. Dawie Roodt het aan die radiostasie gesê die petrolprys sal moontlik met omtrent 40 c per liter verlaag as gevolg van die onlangse daling in die internasionale olieprys. Dit kom nadat petrol vandeesmaand 10c per liter goedkoper

Lees verder: Petrolprys kan skerp daal

Versoening sonder ewewigtigheid?

Leon Wessels was een van die drie hoofonderhandelaars van die NP wat so sleg ore aangesit is deur die ANC tydens die grondwetlike onderhandelings. Die ander twee was Roelf Meyer en Dawie de Villiers. Die drie hoofonderhandelaars van die ANC was Cyril Ramaphosa, Joe Slovo en Mac Maharaj (Hermann Giliomee, Die Laaste Afrikanerleiers, p 389).

Lees verder: Versoening sonder ewewigtigheid?

Reddy het geld geleen vir Nkandla

Die Durbanse sakeman Vivian Reddy, was op ‘n stadium persoonlik betrokke in die befondsing van president Jacob Zuma se Nkandla-huis, en het Sondag te midde van bewerings dat die president dalk die Parlement mislei het toe hy beweer het dat hy ‘n lening het om die ontwikkeling te finansier van die uitgestrekte residensiële kompleks, tot

Lees verder: Reddy het geld geleen vir Nkandla

Opposisie kla oor misleiding van Nkandla-huisverband

Opposisiepartye het uitgevaar teen president Jacob Zuma oor wat hulle bestempel as die misleiding van die Parlement oor die huisverband wat hy, volgens hom, op sy huis op Ndlanda in KwaZulu-Natal het. Die DA se Parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, het gewaarsku teen ernstige gevolge indien Zuma wel die Parlement oor ‘n huisverband op sy privaatwoning

Lees verder: Opposisie kla oor misleiding van Nkandla-huisverband

Wes-Kaapse onrus eis tweede slagoffer

‘n Tweede persoon is dood gedurende die plaaswerkers se staking in die Wes-Kaap, het die polisie Sondag gesê. Bongile Ndleni, 40, is Saterdagoggend dood aangetref in ‘n huis , Lt-kol. André Traut gesê. “Aanduidings is dat hy Woensdag geskiet is op ‘n plaas in Prince Alfred Hamlet deur individue wat ‘n sekere voertuig gery het.

Lees verder: Wes-Kaapse onrus eis tweede slagoffer

Elandsdrift: Inwoners se naweek van hel

Die Elandsdrift-hoewe in Muldersdrift waar Jacques Botha (51) dié naweek doodgeskiet is baie naby aan waar die 13-jarige Alyssa Botha en haar 50-jarige buurman, André Jordaan, in September in twee afsonderlike voorvalle doodgeskiet is. Botha is deur ‘n rowerbende vermoor, terwyl sy vrou, Anél (45), en driejarige seuntjie Neo toegekyk het. Dit is die tweede

Lees verder: Elandsdrift: Inwoners se naweek van hel

Tutu pleit vir vrede in MO

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het partye wat verantwoordelik is vir die onlangse geweld in die Midde Ooste gevra om hul wapens neer te lê. As hulle tot dié stap oorgaan, moet hulle oorweeg dat “diegene wat hulle met sulke minagting behandel, ook kinders van God is”, het Tutu in ‘n verklaring gesê. Die nuusagentskap AP het

Lees verder: Tutu pleit vir vrede in MO

Franse betoog teen gay-huwelike

Tienduisende mense het in Frankryk betoog teen planne om gay-huwelike te wettig asook kinderaanneming deur mense van dié seksuele oriëntasie. Die polisie sê minstens 70 000 mense het in Parys hul teenkanting gewys teen die linkse regering se besluit. Daar was ook optogte in Lyon, Toulouse en Marseille gehou. Die optoggangers sluit Katolieke groepe en

Lees verder: Franse betoog teen gay-huwelike

‘n Ontleding van geweld in die Wes-Kaap tot dusver

Donderdag was ‘n dag van effens minder geweld in die Wes-Kaap in ‘n week van deurlopende protes. Spanning het egter merkbaar toegeneem, sê ontleders op die grond. Die mees kommerwekkende is aanduidings dat die protes versprei na gebiede waar plaasarbeid geen kwessie is nie. Die nuusmedia se tipering van geweld wat deur ontevrede plaaswerkers as

Lees verder: ‘n Ontleding van geweld in die Wes-Kaap tot dusver