Willem Ratte sal vandag weer in die landdroshof op Witbank verskyn op aanklagte van dwelmsmokkery en diefstal. Nadat die gedrukte pers aanvanklik berig het dat Ratte vir “terrorisme” en “besit van onwettige wapens” in hegtenis geneem is, het die staat nog geensins ‘n klag in dié verband gebring nie. Die polisie het aanvanklik sulke verklarings
ANC wil ‘Skiet die Boer’ terughê
Die ANC het ‘n aansoek om verlof tot appèl van stapel gestuur teen die verbod op die omstrede liedjie Dubul ‘iBhunu (Skiet die Boere), deur aan te voer dat dit deel gevorm het van die geskiedenis van sy bevrydingstryd en word om daardie rede nog steeds gesing deur ANC-ondersteuners. Die aansoek is deur die ANC
Sewe doodgetrap in sokkerstormloop
Sewe sokkergeesdriftiges is doodgetrap tydens ‘n stormloop by ‘n sokkerwedstryd tussen twee van Kenia se mees gewilde spanne. ‘n Skare het probeer om by die Nyayo Nasionale Stadion in te kom. Ses mense is op die toneel oorlede terwyl ‘n sewende persoon later in die Kenyattahospitaal dood is, het Titus Mungo’u, ‘n woordvoerder vir die
Veiligheid van e-verkiesings kwel
Nuwe tegnologie, wat kiesers in staat sal stel om per internet te stem, wen veld in die VSA, alhoewel kommer oor die veiligheid van dié stelsels bestaan. Altesaam 33 Amerikaanse state sal kiesers toelaat om in 2010 van e-posse, fakse en aanlynstembriewe gebruik te maak. Hierdie stelsels, wat ook in verskeie ander lande gebruik word,
Nog twee IVP-leiers geskiet
Twee leiers van die Inkatha-Vryheidsparty is Vrydagaand in Gautengse hostelle doodgeskiet in aanvalle wat deur die party as polities gemotiveerd beskou word. “Dit bring die hoeveelheid IVP-leiers wat in die afgelope paar weke in Gauteng doodgeskiet is op vier te staan,” het Petros Sithole, voorsitter van die IVP, Sondag in ‘n verklaring gesê. “Hoewel ons
Swart misdaad is drankverwant
Tagtig persent van misdade wat in Suid-Afrika se derde mees dig bevolkte township, Motherwell in Port Elizabeth, plaasvind, is alkoholverwant, het die polisie Sondag gesê. Die bevelvoerder van die Motherwell-polisiekantoor, Keith Meyer, het gesê die township van 13 vierkante kilometer het 106 gelisensieërde shebeens en heelwat onwettige shebeens. “Benewens dronkbestuur en inhegtenisnemings vir oproerige gedrag,
Grondbeleid bring armoede
“Deur ‘n beperking te plaas op die hoeveelheid grond wat ‘n boer mag besit en deur nasionalisering, gaan armoede en nie welvaart nie in Suid-Afrika bevorder word,” het dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye en VF Plus-leier, in ‘n toespraak gesê tydens die Presidentsdinee van die vee-stoettelers van Suid-Afrika en Stamboek in
Wat skort met die pers?
Teen dié tyd voel stellig elke koerantleser erg gebombardeer deur die pers se verbete veldtog teen die regering se media-beperkingsbelange. Dit is egter nie net die pers wat geraak word nie, maar die publiek en grondwetlike demokrasie, omdat die snoer-planne die publiek se reg om ingelig te wees, en ingeligte demokratiese kruisies te kan trek,
Mediavryheid en godsdiensvryheid
“Teen die 11de eeu,” skryf die Wêreldspektrum, “was die hele Europa vir die Christendom gewen.” Vir die Christen bring dit onwillekeurig ‘n gevoel van blydskap, verl teen die agtergrond van die allerverskriklikste vervolging wat Christene die voorafgaande eeue periodiek moes verduur. Tien eeue later kondig die media op die voorblad aan dat ‘n groot Suid-Afrikaanse
Munisipaliteite ‘werk’ sê minister
Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering, het Dinsdag in die parlement homself bloedig vererg nadat opposisiepartye dienslewering as “skrikwekkend swak” beskryf het. Volgens Shiceka het alle dorpe en stede lopende water, paaie, elektrisiteit én die verkeersligte werk. Besoekers tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi het die land geprys daarvoor, het Shiceka gesê. “Om bloot ‘n paar plekke uit
