‘n Amerikaanse senaatskomitee het ‘n wetsontwerp deurgedruk wat sal toelaat dat – indien dit onderteken word deur die Obama-administrasie – wapens gelewer sal word aan Siriese rebelle waaronder Al Kaida, ‘n skuif wat die hele streek bedreig. Die Senaatskomitee oor Buitelandse Betrekkinge het met 15-3 gestem ter bewapening van die rebelle. Die Amerikaanse publiek is
Cosatu wil Vrydag hoofweë oor e-tol versper
Die vakbondfederasie, Cosatu, het gedreig om Gauteng se hoofweë Vrydag heeltemal tot stilstand te dwing as deel van sy protesaksie teen die beplande e-tolstelsel in die provinsie. ‘n Woordvoerder, Dumisani Dakile, sê in vorige protesoptrede is sommige lane oopgelos vir verkeer om verby te beweeg, maar dat nie in Vrydag se aksie die geval sal
Tien beseer toe rubberkoeëls by myn reën
Tien mynwerkers is Dinsdag beseer toe veiligheidswagte by die Lanxess-chroommyn in Rustenburg rubberkoeëls gebruik het om stakers uitmekaar te jaag, het die polisie in die Noordwes gesê. Brig. Thulane Ngubane het gesê 10 mynwerkers is na ‘n mynhospitaal geneem vir behandeling. Sowat 500 mynwerkers het vroeg Dinsdagoggend by die myn byeengekom. Hulle het glo veiligheidswagte
SA by kruispad, waarsku Gordhan
Suid-Afrika is by ‘n kruispad weens die hernieude arbeidsonrus in die mynbousektor, het Pravin Gordhan, minister van finansies, Dinsdag gewaarsku. Gordhan het in die parlement gesê werkers, die regering en ondernemings moet saamwerk om verdere werksverliese te bekamp. Gordhan het ook gewaarsku dat ondernemings kan sluit en dat beleggers vertroue in die ekonomie kan verloor.
Zuma kry steun van De Klerk
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag onverwagte steun gekry toe FW De Klerk uitgevaar het teen “doemprofete” wat die ondergang van die land voorspel. De Klerk het gesê “afro-pessimiste” erken nie die vooruitgang wat wel in Suid-Afrika en Afrika gemaak word nie. De Klerk het erken dat Suid-Afrika “ernstige internasionale beeldprobleme” het, maar hy het gesê
So was ons, so is ons
Kultuur en beskawing
Alle mense leef op ‘n bepaalde manier. Maar almal leef nie op dieselfde manier nie. Party groepe leef op ‘n manier wat beter resultate as dié van ander groepe lewer. Die manier van lewe, dus van dink en doen, van ‘n groep word sy kultuur genoem. Omdat die leefwyse van verskillende groepe verskil, doen onmiskenbare
BBC vertel nie opsetlike leuens oor Afrikaners of apartheid nie
Ek skryf n.a.v. die BBC-berig Do white people have a future in South Africa? waarin daar weereens gewraakte stellings oor apartheid gemaak word. Ek dink nie eens dis opsetlike leuens nie. Ek dink dis eerder ‘n geval dat hulle soveel jare al besig is om ‘n skewe storie te vertel dat hulle nou hul eie
Lees verder: BBC vertel nie opsetlike leuens oor Afrikaners of apartheid nie
Obama sal SA eersdaags besoek
Die Amerikaanse president, Barack Obama, gaan Suid-Afrika volgende maand besoek as deel van sy toer deur Afrika. Die Withuis het Maandag gesê Obama sal vanaf 26 Junie tot 3 Julie Senegal, Suid-Afrika en Tanzanië besoek. Die Amerikaanse Nasionale Veiligheidsraad het die aankondiging op sy Twitter-blad bekend gemaak. Obama se vrou, Michelle, wat suidelike Afrika in
Nog een by Beitbrug met heroïen gevang
‘n Man wat heroïen met ‘n geraamde straatwaarde van R2,64 miljoen vanaf Zimbabwe na Suid-Afrika wou smokkel, is by die Beitbrug-grenspos in hegtenis geneem, het die polisie in Limpopo Maandag gesê. Die dwelms is Sondag in ‘n geheime kompartement in sy sak gevind, het kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, gesê. Die 38-jarige Tanzaniër is aan die
