BBC vertel nie opsetlike leuens oor Afrikaners of apartheid nie

Ek skryf n.a.v. die BBC-berig Do white people have a future in South Africa? waarin daar weereens gewraakte stellings oor apartheid gemaak word. Ek dink nie eens dis opsetlike leuens nie. Ek dink dis eerder ‘n geval dat hulle soveel jare al besig is om ‘n skewe storie te vertel dat hulle nou hul eie propaganda glo. Daar was nog nooit ‘n objektiewe studie deur buitelandse (veral Engelse) media of intellektuele oor apartheid nie. Hulle is nie bekend met die feite nie en gryp allereers na die sensasionale linkse weergawe.

Hulle is nie tot objektiewe analise in staat nie want enige objektiewe oorweging sal met die skaamte van rassisme bestraf word. Niemand sou dit waag nie. So ‘n persoon sal alle geloofwaardigheid verloor, amper soos iemand wat dit sou waag om te vra na die feite oor die Holocaust.

Selfs ‘n relatief simpatieke artikel jeens arm Afrikaners kan nie geskryf word sonder om allereers Afrikaners met die teerkwas by te kom nie anders sou so ‘n joernalis dalk as ‘n apartheidsapologeet of iets gebrandmerk word.

Dat hierdie mense nooit met die feite gekonfronteer was nie, is die ou NP-regering se grootse mislukking. PW Botha het in sy kragdadigheid nooit verstaan dat die stryd op die slagveld van die wêreldmening gewen moes word nie. Maar hoe anders kan mens dit verwag van iemand wat geen respek vir enigiemand anders se mening behalwe sy eie gehad het nie? Toe Connie Mulder besig was om iets daaraan te doen, het PW en Pik die geleentheid gegryp om die hele poging te verdraai en van Vorster ontslae te raak. Boereonnoselheid! Pik was natuurlik onder Kissinger en die VSA se Foreign Relations Committee se invloed en PW was bloot ‘n domastrante idioot wat geen werkbare strategie kon bedink behalwe om meer op verdeding te spandeer nie. FW was ‘n skelm prokureur. Almal beroepspolitici, en dis die probleem.

Om nou die saak reg te stel, is amper onmoontlik. Mens moet eers die skande rondom die onderwerp afbreek, maar hoe doen mens dit sonder enige platvorm?

Maak 'n opvolg-bydrae