Die Amerikaanse president, Barack Obama, gaan Suid-Afrika volgende maand besoek as deel van sy toer deur Afrika.
Die Withuis het Maandag gesê Obama sal vanaf 26 Junie tot 3 Julie Senegal, Suid-Afrika en Tanzanië besoek.
Die Amerikaanse Nasionale Veiligheidsraad het die aankondiging op sy Twitter-blad bekend gemaak.
Obama se vrou, Michelle, wat suidelike Afrika in Junie 2011 besoek het, sal hom vergesel op die toer.
Dit sal Obama se tweede ampsbesoek aan Afrika wees. Hy het Ghana in Julie 2009 besoek.
Obama is onder kwaai druk tuis, nadat dit aan die lig gekom het dat die Amerikaanse belastingdiens, die IRS, opsetlik konserwatiewe Tea Party-lede uitgesonder het vir belastingondersoeke sedert die Demokraat aan bewind is.
Kort tevore het dit bekend geraak dat die Obama-administrasie mede-verantwoordelik is vir die dood van die Amerikaanse ambassadeur in Bengazi en die feite probeer toesmeer het met versinsels oor die gebeure wat tot Chris Stevens en drie ander Amerikaners se dood gelei het.
Die aanval in Bengazi is gelei deur Al Kaida-terroriste wat deur die VSA bewapen en befonds is om Sirië te destabiliseer.
Obama se besoek sal waarskynlik gemik wees teen die blanke minderheid in Suid-Afrika om steun vir die swart minderheid in die VSA te werf.
