Nog een by Beitbrug met heroïen gevang

‘n Man wat heroïen met ‘n geraamde straatwaarde van R2,64 miljoen vanaf Zimbabwe na Suid-Afrika wou smokkel, is by die Beitbrug-grenspos in hegtenis geneem, het die polisie in Limpopo Maandag gesê.

Die dwelms is Sondag in ‘n geheime kompartement in sy sak gevind, het kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, gesê.

Die 38-jarige Tanzaniër is aan die Zimbabwiese kant van die grens in hegtenis geneem.

Hy sal na verwagting binnekort in die Musina-landdroshof verskyn op aanklag van dwelmhandel en die besit van dwelms.

Saterdag is ‘n 36-jarige man in hegtenis geneem nadat hy probeer het om kokaïen met ‘n geraamde straatwaarde van R18 miljoen oor die grenspos te smokkel.

Dié man sal na verwagting Maandag in die Musina-landdroshof verskyn op aanklagte van dwelmhandel en die besit van dwelms.

Maak 'n opvolg-bydrae