Demokrasie, wat Obama nie kan bekostig nie

Die VSA se president kan tans een ding nie bekostig nie, en dit is demokrasie, die gonswoord wat die nuwe millenium ingelui het. Saoedi-Arabië is die wêreld se laaste absolute monargie. Soos Louis XIV, is koning Abdoellah ‘n monarg in die ware sin van die woord. Maar terwyl ‘n rewolusie in Saoedi-Arabië nog steeds nie

Lees verder: Demokrasie, wat Obama nie kan bekostig nie

Waar gaan die plastieksaktaks heen?

Tien jaar nadat die regering begin het met die regulering van die gebruik van plastieksakke, is daar geen sekerheid oor waar die miljoene rande vir sakke heen verdwyn het nie. In ‘n poging om die aantal van plastieksakke wat die land besoedel te verminder, het die regering ‘n 3c heffing op herwinbare sakke in 2003

Lees verder: Waar gaan die plastieksaktaks heen?

Muldersdrift: Nóg ‘n moord

Die polisie soek na verdagtes nadat nog ‘n moord in die Muldersdrift-omgewing plaasgevind het. ‘n 55-jarige man is Saterdagaand buite sy huis deur onbekende persone doodgeskiet toe hy na ‘n buurman wou stap om vas te stel waarom dié se honde aanhoudend blaf. Geweldsmisdaad in die Muldersdrift-gebied het die afgeloop tyd skerp toegeneem. Volgens ‘n

Lees verder: Muldersdrift: Nóg ‘n moord

Franse herower Timboektoe

Franse magte het Timboektoe Maandag omsingel en beheer oor die lughawe geneem. Dié verwikkeling is die jongste deurbraak in die stryd teen Islamitiese rebelle wat uit sleutelvestings in die noorde verdryf word. Franse valskermsoldate het Islamiete wat probeer vlug het, verhoed, terwyl troepe onder Franse beheer die lughawe ingeneem het. Timboektoe was ‘n belangrike vesting

Lees verder: Franse herower Timboektoe

Rykste vrou in Afrika

Isabel dos Santos, die oudste dogter van die Angolese president, Jose Eduardo Dos Santos, is Afrika se eerste vroue-miljardêr, het Forbes-tydskrif berig. Die 40-jarige het haar eerste sakeonderneming in 1997 in die hoofstad Luanda begin – ‘n restaurant genaamd Miami Beach. Sy is nou op die rade van verskeie maatskappye in Angola en Portugal. Sy

Lees verder: Rykste vrou in Afrika

Polisie skiet man by padblokkade dood

Johannesburgse metropolisiebeamptes het ‘n gewapende man Sondag by ‘n padblokkade doodgeskiet, het ‘n woordvoerder gesê. Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder, het gesê die man het met ‘n vuurwapen verby die padblokkade in Jeppestraat gehardloop. “Beamptes het hom beveel om stil te staan, waarna hy ‘n skoot op hulle afgevuur het. Hulle het hom weer beveel om

Lees verder: Polisie skiet man by padblokkade dood

Marikana, rondte 2

Opspraakwekkende beeldmateriaal is deur ‘n Britse televisiekanaal uitgesaai wat meer perspektief op die slagting by Marikana gee en waarskynlik die Farlam-kommissie van ondersoek na die gebeure sal beïnvloed. Die beelde ondermyn verklarings deur polisiebeamptes dat hulle in selfverdediging opgetree het tydens die skietery. Die skietery verlede jaar het tot die dood van 34 mynwerkers gelei

Lees verder: Marikana, rondte 2

Nkandla nie met belastinggeld betaal nie

Die minister van openbare werke, Thulas Nxesi, sê die departement kon geen bewyse vind dat belastinggeld gebruik is om pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning op te knap nie. Nxesi het die media Sondag in Pretoria toegespreek oor die verslag van die Nkandla-taakspan. Verdere besonderhede oor die ondersoek is nog nie bekend nie. Die taakspan is

Lees verder: Nkandla nie met belastinggeld betaal nie