Obama kies herdenking van 16 Junie-geweld vir SA-besoek

President Barack Obama van die VSA sal Suid-Afrika vir die eerste keer as President besoek te midde van vieringe op 16 Junie wat die opstande in Soweto herdenk. Die opstande word voorgehou as ‘n opstand teen Afrikaans as skooltaal. Die besoek vorm deel van sy drienasietoer om Amerikaanse betrekkinge met Afrika Suid van die Sahara

Lees verder: Obama kies herdenking van 16 Junie-geweld vir SA-besoek

Burgemeester vas vir dronkbestuur

Mahole Simon Mofokeng, burgemeester van Sedibeng, is in hegtenis geneem ná hy na bewering onder die invloed van drank bestuur het. Mofokeng het glo in ‘n ander motor vasgery terwyl hy ‘n hotel in Vanderbijlpark verlaat het, het The Star Donderdag berig. Mofokeng het volgens die berig Dinsdagaand agter tralies deurgebring. Brig. Neville Malila, woordvoerder

Lees verder: Burgemeester vas vir dronkbestuur

Sirië behaal belangrike oorwinning

Die slag van die belangrike Siriese grensdorp Koesar is beslis: Die Assad-regime het ‘n oorwinning oor die Al-Kaida-rebelle behaal wat intussen aangekondig het dat hulle sal onttrek. Min stede in Sirië is strategies so belangrik soos Koesar, op die grens met Libanon. Vir ‘n jaar het die rebelle beheer van die stad met sy 30.000

Lees verder: Sirië behaal belangrike oorwinning

Kulturele selfbeskikking eerste doelwit

Flip Buys (Beeld, 4 Junie) bied ‘n onbevredigende siening van Afrikanerselfbeskikking as ” ‘n soort strategiese risikobestuursplan” aan. Die Afrikaner-geskiedenis word egter deur ‘n vryheidstrewe gekenmerk: godsdiens-, handels- en kulturele vryheid. Daar heers konsensus oor ons “foute van die verlede”: Linkse Afrikaners glo dat apartheid nooit moes bestaan het nie en regse Afrikaners meen dat

Lees verder: Kulturele selfbeskikking eerste doelwit

Polisie wat man doodslaan, intern verhoor

Vyf polisiebeamptes van Limpopo wat daarvan aangekla is dat hulle ‘n Nigeriese man doodgeslaan het, sal binnekort intern dissiplinêr verhoor word, het die polisie Dinsdag gesê. “Die verhoor sal binnekort begin,” het brig. Hangwani Mulaudzi gesê. Een van die polisiemans, Clement Tsotsane, is Dinsdag borgtog deur die Polokwane-landdroshof geweier. Hy sal Woensdag saam met die

Lees verder: Polisie wat man doodslaan, intern verhoor

Jeugliga gooi ontlasting voor Zille-toespraak

Die ANC-jeugliga het hom sterk uitgespreek teen opruiende gedrag deur sommige van sy lede in die Wes-Kaap, berig RSG. In die jongste voorval is menslike ontlasting by ‘n saal in Khayelitsha uitgegooi waar die Wes-Kaapse premier, Helen Zille ‘n “110% Groen”-veldtog bygewoon het. Minstens twee betogers is in hegtenis geneem. Die liga sê hy het

Lees verder: Jeugliga gooi ontlasting voor Zille-toespraak

Werklose jeugdiges kan SA destabiliseer

“Die jeug in Suid-Afrika word baie hard getref deur die effek van groeiende werkloosheid en dit kan in die afsienbare toekoms tot uitbarsting kom indien daar nie oplossings gevind word en werkgeleenthede geskep word nie,” sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomiese sake. Adv. Alberts het in ‘n toespraak in

Lees verder: Werklose jeugdiges kan SA destabiliseer

Wanneer ekonomie die politiek oorskadu

Soos die meeste van ons al ondertussen weet, is Afrikaners die voorlopers onder die Westerse volkere wat moet toesien hoe ons lewenswyse en kultuur die onderspit moet delf ter wille van ander moonthede se belange. Anders as wat die radikale vryheidsprofete ons na die Tweede Wêreldoorlog voorgehou het, is mense uiteindelik nie so universeel geörienteerd

Lees verder: Wanneer ekonomie die politiek oorskadu