Die Oos-Kaap benodig ‘n “tweede struggle” om hom van inteel-kapitalisme en korrupsie te bevry, het Helen Zille, DA-leier, Saterdag in Grahamstad gesê. Zille het uit ‘n ongepubliseerde manuskrip, deur Greg Mills, kenner op die gebied van internasionale sake, aangehaal en gesê: “Baie van Afrika het twee vryhede ervaar; die eerste van die koloniale en of
Ons gaan ook ‘struggle’-liedjies sing, sê Afrikaanse organisasies
Tydens ‘n spesiale bosberaad tussen die ANC en invloedryke Afrikaanse organisasies, is daar besluit dat blankes meer “struggle”-liedjies moet leer. Verreikende besluite is ook oor die herstandaardisering van Afrikaans geneem. Die bosberaad is Vrydag en Saterdag op ‘n wildsplaas naby Modimolle gehou. Verteenwoordigers van Solidariteit, Naspers, die Afrikaanse Taalraad, die Akademie en die Afrikaanse Handelsinstituut
Lees verder: Ons gaan ook ‘struggle’-liedjies sing, sê Afrikaanse organisasies
Nog ‘n bruine deur Akademie vereer
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het nog ‘n bruin toekenning uitgeloof, dié keer aan Zelda Jongbloed, afgetrede adjunkredakteur van Rapport. Die akademie het Vrydag bekend gemaak dat die Markus Viljoen-medalje aan Jongbloed toegeken word vir 2012. Sy word glo vereer vir haar langdurige en hoogstaande bydrae in Afrikaanse joernalistiek. Jongbloed het haarself ook
Ryksdienaar wil weet of sy ‘kaffer’ is
Lulu Xingwana, minister van vroue, kinders en mense met gestremdhede, se terugreis van die Commonwealth Africa Regional Colloquium uit Ghana, het haar duidelik onder die indruk gelaat dat sy die Empaaier dien en dienooreenkomstig behandel moet word. Die geleentheid wat Xingwana bygewoon het, Women Leaders as Agents of Change is gereël deur die Statebondsekretariaat se
Rugby: Haaie skraap deur teen Brumbies
Haaie 29, Brumbies 26 Ag, sal iemand tog met die Haaie, veral hulle agterste driehoek, hulle voorspelers en hulle losskakel praat? En ek bedoel, praat stadig met groot gebare en, indien nodig, teken prentjies. Want blykbaar verwar die regstreekse uitskopreël hulle. Telkens, wanneer hulle die bal met die afskop ontvang, dryf die voorspelers waaghalsig tot
Petrol voor Paasnaweek duurder
Die petrolprys sal voor die Paasnaweek styg met tussen 66c en 71c per liter. Die styging tree Woensdag in werking. Die departement van energie het die maandelikse brandstofprysverhogings by ‘n mediakonferensie in Midrand bekend gemaak. Motoriste sal in die binneland 71c per liter meer meer betaal vir 95 oktaan-petrol Dit sal nou R11,94 per liter
Basson het geen regte oortree nie
Kardioloog Wouter Basson het nooit menseregte of mediese etiese standaarde oortree toe hy die hoof van Suid-Afrika se chemiese oorlogvoering was nie, het die Raad vir Gesondheidsberoepe Vrydag gehoor. Voormalige geneesheer-generaal Niel Knobel het gesê hy stem nie saam met die siening van die Amerikaanse mediese etiekdeskundige Steven Miles dat Basson verskeie Wêreld Mediese Vereniging
Rugby: Cheetahs vang die Hurricanes
Dis nou maar eenmaal hoe ’n jagluiperd jag: Hy laat die prooi glip en dan haal hy hom van agter af in. Die gevolglike hoëspoedbotsing is so ontsenuend dat die slagoffer verdwaas en verwilderd gelaat word, reg vir die finale wurgslag. Wel, dit ís ’n metode, maar die sukseskoers is wisselvallig want soms as die
Malema loods hernude Zuma-aanval
Die ANC-Jeugliga is getraumatiseer en word onderdruk deur president Jacob Zuma se leierskap, het Julius Malema Vrydag voor ‘n volgepakte saal by Wits gesê. “Onder president Zuma, het ons die jeug van die ANC getraumatiseer en uit hul huis uitgejaag,” het ‘n vurige Malema tydens ‘n ANC-eeufees lesing in Johannesburg gesê. Met sy stem wat
VF+ veg voort teen e-tol
Die Vryheidsfront Plus se protes-aksie teen die tolstelsel het binne ure so uitgekring dat mense wat die nuus oor die radio gehoor het, spontaan na die vergaderplek gery het om ook hul ontevredenheid uit te spreek. Mnr. Jaco Mulder, Gauteng leier van die VF Plus, het by die Ultra City op die N1-hoofweg tussen Johannesburg
