Die petrolprys sal voor die Paasnaweek styg met tussen 66c en 71c per liter. Die styging tree Woensdag in werking.
Die departement van energie het die maandelikse brandstofprysverhogings by ‘n mediakonferensie in Midrand bekend gemaak.
Motoriste sal in die binneland 71c per liter meer meer betaal vir 95 oktaan-petrol Dit sal nou R11,94 per liter kos. Diesel sal 51,9c meer per liter kos.
Die prys van 95 oktaan-petrol aan die kus sal met 66c per liter en dié van diesel met 47,6c opgaan.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.