Lulu Xingwana, minister van vroue, kinders en mense met gestremdhede, se terugreis van die Commonwealth Africa Regional Colloquium uit Ghana, het haar duidelik onder die indruk gelaat dat sy die Empaaier dien en dienooreenkomstig behandel moet word.
Die geleentheid wat Xingwana bygewoon het, Women Leaders as Agents of Change is gereël deur die Statebondsekretariaat se genderafdeling en die regering van Ghana onder die aanvoering van die Britse regering.
Volgens dié reëling kan ‘n land soewerein wees én ‘n gewillge slaaf van die Britse Ryk.
Xingwana het medepassasiers Donderdag op ‘n SAL-vlug vermaak toe sy op ‘n wit lugwaardin begin skel het omdat dié nie haar ekonomiese klassitplek na sakeklas wou opgradeer nie.
“Hou jou bek! Hou jou bek! Is dit omdat ek ‘n kaffer is?” Die beswaarde minister was duidelik ongelukkig dat haar Gemenebesstatus nie genoeg indruk kon maak nie.
Die vlug het Donderdagaand van Accra in Ghana na Johannesburg vertrek. Me. Dileseng Koetle, SAL-woordvoerder, het die onsmaaklike voorval bevestig en om verskoning gevra vir die wit lugwaardin se optrede.
“SAL is spyt en vra die minister om verskoning dat dit nie moontlik was om haar ‘n plek in sakeklas te gee nie. Die SAL het ‘n beleid van geen verdraagsaamheid teenoor enige vorm van rassisme.”
Xingwana is ‘n platinumkaarthouer van SAL se program vir gereelde passasiers. Dit beteken sy kan ‘n opgradering van haar ekonomiese klas-kaartjies na sakeklas kry mits daar ‘n sitplek beskikbaar is.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.