Nog ‘n bruine deur Akademie vereer

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het nog ‘n bruin toekenning uitgeloof, dié keer aan Zelda Jongbloed, afgetrede adjunkredakteur van Rapport.

Die akademie het Vrydag bekend gemaak dat die Markus Viljoen-medalje aan Jongbloed toegeken word vir 2012. Sy word glo vereer vir haar langdurige en hoogstaande bydrae in Afrikaanse joernalistiek.

Jongbloed het haarself ook al meermale teen die “regses” uitgespreek en was mede-oprigter van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans.

Sy sal onthou word omdat sy gedurende die saak van die Reitz-4 voordat die studente onskuldig bevind is, in ‘n rubriek lesers aangehits het deur te beweer dat die die swart skoonmakers in die gewraakte video skelm afgeneem is.

Sy het haarself al voorheen teen “etniese nasionalisme, die beskerming van wit Afrikanerskap of ‘n saak waarby wit Afrikaanssprekendes belang het en nie die breër Afrikaanse gemeenskap nie,” uitgespreek.

“Jongbloed is dié outentieke Afrikaanse struggle-joernalis,” lui ‘n verklaring deur die akademie.

“Regdeur haar loopbaan, maar veral teen die einde daarvan, het sy ‘n groot invloed gehad op die vorming van joernaliste, veral dié uit die bruin gemeenskap.

“Sy word bewonder vir haar vreesloosheid, dat sy haar stem laat hoor oor netelige kwessies wat Afrikaanse mense oor grense heen raak.”

Die Hertzogprys, wat deur Rapport geborg word, is ook vanjaar aan die bruin dramaturg en digter Adam Small vir sy drama-oeuvre toegeken.

Ander toekennings het gegaan aan Sonja Loots vir Sirkusboere (Eugène Maraisprys) en Ingrid Winterbach vir Die boek van toeval en toeverlaat (C.L. Engelbrechtprys vir letterkunde).

лобановский александр биография

Maak 'n opvolg-bydrae