‘Vegkop’ inspireer glo nie

Die KwaZulu-Natalse LUR vir onderwys gaan die name van skole in die provinsie verander. Name soos “Vegkop”, “Maagdedye” en “Op die boude” sal glo hersien word. Die LUR glo die name is onvanpas vir Zoeloe en Afrikaanse skoolname en moet verander word. “Dit klink nie opvoedkundig nie en sal aangespreek moet word. Sulke name inspireer

Lees verder: ‘Vegkop’ inspireer glo nie

M23 traag om Goma te verlaat

Kongolese rebelle van M23 het nog geen daadwerklike poging aangewend om uit die stad Goma te onttrek nie, het die Verenigde Nasies gesê. Die VN se Veiligheidsraad het Woensdag gesê hy sal verdere sanksies teen die M23-rebelle, en diegene wat hulle ondersteun, oorweeg. Spesifieke lande is egter nie uitgesonder nie. Die besluit is ook deur

Lees verder: M23 traag om Goma te verlaat

SA verwelkom VN-besluit oor Palestina

Suid-Afrika het die Verenigde Nasies-besluit verwelkom om nie-lid waarnemerstatus aan Palestina te verleen. Die VN het die besluit met 138 stemme teen nege goedgekeur, terwyl 41 lande buite stemming gebly het. Amerika, Israel en Kanada is van die lande wat teen die besluit gestem het. Die besluit beteken dat Palestina kan aanspraak maak op verskeie

Lees verder: SA verwelkom VN-besluit oor Palestina

Cosatu wil tolpadstellasies afbreek

Volgens berigte dreig die vakverbond Cosatu om die beplande tolpadstellasies op die hoofweë af te breek uit teenkanting teen die stelsel. Die vakbond gaan ook teen die omstrede e-tolstelsel betoog. Uitsprake van Cosatu dui daarop dat daar beplan word om Johannesburg en Pretoria tot stilstand te dwing voordat hulle volgende week met nóg betogings voortgaan.

Lees verder: Cosatu wil tolpadstellasies afbreek

De Doorns: Nog ‘n staking kom

Wes-Kaapse plaaswerkers gaan volgende week hul staking oor lone en lewensomstandighede voortsit, het hul koalisie gesê. “Mense sal op 4 Desember nie gaan werk nie. Ons moedig mense aan om plaasdorpe vir die dag tot stilstand te dwing,” het Mario Wanza, ‘n aktivis, namens die stakingskoalisie gesê. Hy sê hulle beplan om in die gees

Lees verder: De Doorns: Nog ‘n staking kom

Die stadige opmars van die NWO

Daar is een rede vir militêre ingryping wat selde bespreek word, selfs in die alternatiewe media: Die private stelsel van sentrale banke. Ander redes wat gewoonlik gegee word sluit in groot olie-reserwes, oliepyplyne, opiumvelde, strategiese posisionering, kontrakte vir die verdedigingsindustrie en militêre-industriële kompleks, en les bes, strategiese grondstowwe. Dit is ook waar dat beide skuld

Lees verder: Die stadige opmars van die NWO

Marcus sê staatsbeheerde bank is ‘n vermorsing

‘n Staatsbeheerde sentrale bank sal ‘n vermorsing van miljarde rande wees, het Reserwebankvoorsitter, Gill Marcus, gister gesê. “Wat wil jy bereik as ‘n staatsbeheerde bank wat anders is?” het sy gevra. Die kwessie is geopper tydens ‘n National Union of Metalworkers van SA-konferensie waar Marcus as ‘n spreker genooi is. Vroeër hierdie jaar, het Numsa

Lees verder: Marcus sê staatsbeheerde bank is ‘n vermorsing

Mandela-stigting sal Gerwel se wysheid, leiding onthou

Die Nelson Mandela-gedenksentrum het namens Mandela, die raad van trustees en die personeel hul medelye betuig met die familie van hul voorsitter, prof. Jakes Gerwel. Gerwel het Woensdagoggend in die ouderdom van 66 in die Netcare Kuilsrivier-hospitaal gesterf. “Ons sal diep verlang na ‘prof’, soos ons liefdevol na hom verwys het,” het die sentrum gesê.

Lees verder: Mandela-stigting sal Gerwel se wysheid, leiding onthou

China wil een-kind-beleid ophef

China oorweeg dit om sy beleid wat slegs een kind per gesin toelaat in sekere omstandighede, te verander, het ‘n voormalige gesinsbeplanningsamptenaar gesê. Die regering oorweeg die besluit neem omdat China, die land met die grootste bevolking ter wêreld, se bevolking vinnig besig is om te verouder. Volgens die voorgestelde veranderings sal gesinne glo toegelaat

Lees verder: China wil een-kind-beleid ophef

Vlaandere en Nederland saam op SA-handelsending

Vlaanderen en Nederland trekken volgend jaar samen op handelsmissie naar Zuid-Afrika. Dat heeft minister-president Kris Peeters dinsdag afgesproken met de Nederlandse minister van Buitenlandse Zaken Frans Timmermans. Het idee van een Vlaams-Nederlandse missie ontstond vorig jaar bij een bezoek van de Nederlandse premier Rutte aan Vlaanderen. Nu is de bestemming afgesproken voor deze “Deltamissie”. De

Lees verder: Vlaandere en Nederland saam op SA-handelsending