Ongeveer 1 500 stakende loonarbeiders sal die week na verwagting na hul werk in De Doorns terugkeer, het die Food and Allied Workers’ Union (Fawu) gesê. Katishi Masemola, sekretaris-generaal, sê die vakbond het ‘n beroep op werkers gedoen om terug werk toe te gaan, in die gees van voortdurende onderhandelinge vir ‘n hoër daaglikse loon.
Onderneming om vervalste dokumente te verskaf
Die polisie in die Oos-Kaap het op ‘n onderneming in Mthatha toegeslaan wat regeringsalarisstrokies, identiteitsdokumente en matrieksertifikate vervals, het ‘n woordvoerder Dinsdag gesê. Kol. Mzukisi Fatyela het gesê die Bears-meubelwinkel het die polisie genader nadat personeel agterdogtig geraak het toe ‘n 39-jarige vrou ‘n rekening wou open. Ná ‘n ondersoek is vasgestel dat sy werkloos
ANC veroordeel Sasolburg-geweld
Die ANC het Dinsdag die plundery en geweld tydens ‘n betoging in die Zamdela-woonbuurt in Sasolburg veroordeel. “Ons grootste bekommernis is die vlak van kriminele bedrywighede wat plaasvind, insluitend die plundery van winkels,” het Jackson Mthembu, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê. “Dit sal nie net sakebedrywighede in die gebied raak nie, maar ook onskuldige inwoners.”
Zille, FNB staan self agter die deur
‘n Suid-Afrikaanse bank het geen amptelike redes verskaf vir waarom hulle ‘n reeks advertensies verwyder het nie en net gesê dat die bedoelings is verkeerd opgeneem. Die nuutste relletjie is ‘n advertensiefoefie wat weereens baie Suid-Afrikaners gevang het. ENB, deesdae FNB, se veldtog Jy kan Help het verlede week in Soweto met ‘n reeks aanlynvideo’s
Geweld tydens stakings eis 181 sedert bevryding
Geweld gedurende stakings het in totaal die lewens van 181 mense die afgelope 13 jaar dood geëis, het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) gesê. “Die grootste aantal sterftes het in 1999, 2006 en 2012 plaasgevind – met 30, 69 en 60 sterftes onderskeidelik,” het die SAIRR Maandag in ‘n verklaring gesê. Die sterftes in
Lees verder: Geweld tydens stakings eis 181 sedert bevryding
Onrus brei verder uit in Vrystaat
Dit wil voorkom asof diensleweringsbetogings in die noord-Vrystaat besig is om te versprei nadat daar gister in twee dorpe voorvalle was. Op Hennenman moes die burgemeester van Matjhabeng, Sebenzile Ngangelizwe uit die Phomolong stadion onder polisie-begeleiding geneem word toe betogers die burgemeester en sy gevolg met klippe gegooi het. ‘n SAUK-voertuig is ook onder die
Brits het ‘n slagveld geword
Die SAP se Landelike beveiligings initiatief in Brits het totaal gefaal. Dit was Raadslid Elsa Lourens van die Vryheidsfront Plus, Brits, se kommentaar op n plaaslike koerant berig waarin Thandi Modise, Premier van die Noordwes, haar kommer uitgespreek het oor die vlaag van gewapende rooftogte wat Brits teister. Volgens die berig is Suid Afrikaanse boere
Situasie in Sasolburg versleg
Twee vragmotors is Maandag deur inwoners van die Zamdela-lokasie in Sasolburg aan die brand gesteek, het die polisie in die Vrystaat, gesê. “‘n Vragmotor wat ‘n paar meter ver van die polisiekantoor gestaan het, is deur die skare verwoes. Dit brand tans,” het konst. Peter Kareli gesê. “Nóg ‘n vragmotor word op die R82 verwoes.
‘n Swart mag in Afrika: Africom
Die Britse premier David Cameron, het dié naweek dit duidelik gemaak dat “die Weste vir dekades lank in Noord-Afrika teenwoordig sal moet bly” om probleme in die streek die hoof te bied. Wat eers gelyk het na uitsluitlik ‘n Franse uraanbeheer-kwessie met die eise van Islamiste in Mali, het pas uitgebrei na Algerië toe ‘n
Polisie vrees nog geweld in Bloemhof
Die onlangse staking by die Dairybelle-kaasfabriek se stoor in Bloemhof asook brandstigting, het verder gelei tot die intimidasie van ‘n plaaslike wit sakeman. Sewe verdagtes het intussen verlede Woensdag in die landdroshof op Bloemhof in Noordwes verskyn op aanklagte van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging na aanleiding van die staking. Die verdagtes is aangekeer nadat
