Die Verbruikerskommissie het gister tydens ‘n vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid, na aanleiding van ‘n versoek van die Vryheidsfront Plus, bevestig dat hulle ‘n volskaalse ondersoek gaan loods na die vakansieklub-industrie. Daar gaan veral op die ses grootste maatskappye gefokus word. Daar is kennis geneem van die klagte dat die industrie
Mandelas wil van wit beheer oor trust ontslae raak
Die familie van Nelson Mandela het ‘n verenigde front gevorm in ‘n dispuut met jarelange wit medewerkers van die voormalige president. Die dispuut handel oor die beheer van twee maatskappye. In ‘n verklaring, sê Mandela se kleinkinders, probeer George Bizos en andere die Mandela-familie uitbeeld as “onsensitief en geldgierig” met geen respek vir die erfenis
Lees verder: Mandelas wil van wit beheer oor trust ontslae raak
Wit Afrikaners ware mag agter DA, sê ANC
Die ANC het gister die DA uitgekryt as ‘n party wat swartes vir vertoon gebruik, maar die ware mag in die hande van wit Afrikaners hou. Die opposisieparty het begin met sy verkiesingsveldtog deur te probeer om as ‘n voorbok in die stryd teen apartheid te poseer. Maar die ANC koop dit nie. Die party
‘Grondwethofuitspraak oor grond selfvernietigend’
“Die uitspraak in die konstitusionele hof vandag in die saak tussen Agri-SA en die minister van mineralebronne sal Suid-Afrika op ‘n glybaan van selfvernietiging plaas,” sê mnr. Werner Weber, die VFPlus se nasionale woordvoerder oor landbou en grondhervorming. Die hof het beslis dat geen onteiening plaasgevind het nie en dat die voormalige houers van minerale
Lees verder: ‘Grondwethofuitspraak oor grond selfvernietigend’
‘Grondwethofuitspraak oor grond selfvernietigend’
“Die uitspraak in die konstitusionele hof vandag in die saak tussen Agri-SA en die minister van mineralebronne sal Suid-Afrika op ‘n glybaan van selfvernietiging plaas,” sê mnr. Werner Weber, die VFPlus se nasionale woordvoerder oor landbou en grondhervorming. Die hof het beslis dat geen onteiening plaasgevind het nie en dat die voormalige houers van minerale
Lees verder: ‘Grondwethofuitspraak oor grond selfvernietigend’
UJ-prof jongste slagoffer in gay moorde
‘n Professor aan die Universiteit van Johannesburg is het glo sy moordenaar ingenooi, berig Eyewitness News. Dr. Carl Mischke se bebloede lyk is Maandagoggend met verskeie steekwonde in Norwood gevind. Die polisie ondersoek die moord as deel van ‘n reeks moorde op gay mans in Kaapstad en Gauteng. Mischke is die negende gay slagoffer in
Diesel-superster!
Dieselmotors is ‘n groot besigheid in Suid Afrika. Mercedes was al van die begindae van dieselaangedrewe motors van die leiers op die gebied. So ‘n paar jaar gelede het een van die ander drie Duitsers, Audi, besluit om diesel en motorsport as een pakket te begin bemark. Audi het groot sukses met hulle dieselaangedrewe Le
VF+ eis bedanking van Midvaal-burgemeester
Die VF Plus het vandag in ‘n sterk bewoorde verklaring geëis dat die burgemeester van Midvaal, mnr Timothy Nast, moet bedank. Mnr Corrie Pypers, VF Plus raadslid vir Midvaal het gesê dat klagtes oor wanadministrasie sedert 2005 gedurende 2009 aan die Openbare Beskermer gerapporteer is en vandat Nast in 2009 as burgemeester verkies is, is
Texas-ontploffing: Dodetal kan styg
Volgens die jongste berigte istussen 60 tot 70 mense is dood toe ‘n reuse-ontploffing ‘n kunsmisaanleg naby Waco, Texas geruk het, sê plaaslike mediabronne. Inwoners vrees ook dat ‘n tweede tenk by die aanleg in die dorp West, Texas, kan ontplof. Tientalle huise in die gebied is in puin gelê en ‘n ouetehuis met meer
Duitse werkers met ‘geskenk’ vergiftig
Vyf-en-twintig mense is in ‘n hospitaal in Berlyn in Duitsland opgeneem nadat hulle broodrolletjies met rottegif daarin, geëet het. Die rolletjies is by hulle maatskappy as ‘n geskenk afgelewer. Die werkers is van Mueller Technik, ‘n motoronderdele maatskappy in die noordwestelike dorp Steinfeld, Nedersakse. Die boks van toebroodjies is vergesel deur ‘n nota wat sê
