Mandelas wil van wit beheer oor trust ontslae raak

Die familie van Nelson Mandela het ‘n verenigde front gevorm in ‘n dispuut met jarelange wit medewerkers van die voormalige president.

Die dispuut handel oor die beheer van twee maatskappye.

In ‘n verklaring, sê Mandela se kleinkinders, probeer George Bizos en andere die Mandela-familie uitbeeld as “onsensitief en geldgierig” met geen respek vir die erfenis van die anti-apartheidsleier en Nobel-vredespryswenner nie.

“Die meeste van ons het ‘n inkomste, werk vir ons eie maatskappye en bestuur ons eie projekte,” lui die verklaring, wat nie enige van die kleinkinders by name noem nie.

Mandela het 17 kleinkinders en 14 agterkleinkinders, volgens die Nelson Mandela Centre of Memory, ‘n organisasie in Johannesburg.

Twee dogters van 94-jarige Mandela het ‘n hofsaak teen Bizos en sy medewerkers aanhangig gemaak, en eis dat hulle nie moet aanbly as direkteure van die twee maatskappye nie. Die opbrengs is veronderstel om die Mandela-familie te bevoordeel.

Bizos, ‘n menseregte-advokaat, sê hy is ‘n jarelange ondersteuner van die Mandela-familie en hy het betrokke geraak in die maatskappye op Mandela se instruksies.

Die hoofdoel van die maatskappye, Harmonieux Investment Holdings en Magnifique Investment Holdings, is om fondse in te kanaliseer uit die verkoop van handafdruk “kunswerke” deur Mandela tot die voordeel van sy familie.

The Star koerant het Bizos aangehaal waar hy sê Makaziwe Mandela wou R11.9 miljoen onttrek sonder om besonderhede te verskaf van hoe dit gebruik sal word.

“Dit is strydig met die bepalings van die trust. Daarom het ons geweier om haar die geld te gee.”

Maak 'n opvolg-bydrae