Sanders se vermeende moordenaars verskyn

Drie mans wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die bokslegende Corrie Sanders, sal op 13 November weer in die hof verskyn, het die SABC berig. Sanders, ‘n wêreldkampioenbokser, is verlede maand tydens ‘n rooftog by ‘n restaurant geskiet. Hy het later aan sy woonde beswyk toe hy mediese behandeling by

Lees verder: Sanders se vermeende moordenaars verskyn

Ontploffing gereël om te ontsnap

Die departement van Korrektiewe Dienste ondersoek die moontlikheid van interne betrokkenheid nadat drie gevangenes gistermiddag dood en 14 beseer is toe die voertuig waarin hulle na die Johannesburgse tronk vervoer is, ontplof het. Die voertuig het 36 verhoorafwagtende gevangenes van die Randburgse landdroshof na die Sentrale Gevangenis in Johannesburg vervoer. Die woordvoerder van die polisie,

Lees verder: Ontploffing gereël om te ontsnap

Deurbraak teen MIV/Vigs

Suid-Afrikaanse wetenskaplikes het ‘n deurbraak gemaak in die stryd teen MIV/VIGS met ‘n ontdekking dat sommige mense se liggame, teenligame kan vervaardig wat sekere tipes HIV kan neutraliseer. Navorsers van die sentrum vir VIGS navorsing en die Nasionale Instituut vir oordraagbare siektes het uitgevind dat unieke veranderings aan die MI-virus daartoe kan lei dat teenligame

Lees verder: Deurbraak teen MIV/Vigs

Eskom vra vir 16% verhoging

Die kragreus Eskom het gevra vir ‘n jaarlikse tariefverhoging van 16% vir die volgende vyf jaar, is Maandag bekendgemaak. Dit sal die prys van elektrisiteit van 61 c per kilowatt-uur in 2012/13 tot R1,28 per kilowatt-uur in 2017/18 verhoog. Eskom het sy aansoek vir die tariefverhoging by Nasionale Energiereguleerder (Nersa) ingedien. Die huidige multijaar-prysvasstellingsmodel eindig

Lees verder: Eskom vra vir 16% verhoging

Internasionale regskenner sê Bush en Blair is oorlogsmisdadigers

‘n Vooraanstaande internasionale regskenner sê die voormalige Amerikaanse president George W. Bush en die voormalige Britse premier Tony Blair is ​​skuldig aan misdade teen vrede, oorlogsmisdade en marteling. In November 2011, het die Kuala Lumpur-tribunaal, waarin Francis Boyle, ‘n professor van internasionale reg aan die Universiteit van Illinois dien, die vervolgingspan gelei, wat bevind het

Lees verder: Internasionale regskenner sê Bush en Blair is oorlogsmisdadigers

Merkel wil Roma en Sinti se lyding onthou

Duitse kanselier Angela Merkel sal ‘n gedenkteken vir die vermoorde Sinti- en Roma-slagoffers van die Nazi’s Woensdag open. Europa se grootste minderheid stoei met voortgesette diskriminasie. Geskiedkundiges sê die Nazi’s het byna 500.000 Roma mans, vroue en kinders in Europa gedurende die Tweede Wêreldoorlog uitgewis, en ‘n bevolking met wortels in Duitsland wat ses eeue

Lees verder: Merkel wil Roma en Sinti se lyding onthou

Ondersoek na Marikana duur voort

Die geregtelike ondersoek na die tragedie by Lonmin se platinummyn in Marikana sal Maandag in Rustenburg voortduur. Die uitslae van nadoodse ondersoeke en ander amptelike bewysstukke sal voorgelê word, insluitend ballistiese verslae. Regsverteenwoordigers sal die geleentheid gegun word om die bewyse onder oë te neem, en misdaadtoneel-kenners sal ook getuig. Die kommissie het gesê die

Lees verder: Ondersoek na Marikana duur voort

DA en Brittanje saam in die bed

Rapport het Sondag berig oor die DA se noue bande met Brittanje. Volgens inligting wat deur die Staatsveiligheidsagentskap bekom is, het ‘n senior ANC-amptenaar aan City Press bevestig dat ‘n ondersoek geloods is na die verhouding tussen die party en die VK. Praag waarsku al lank dat die DA nie Afrikaners se belange op die

Lees verder: DA en Brittanje saam in die bed

Giliomee sit die pot oor Angola heeltemal mis

Professor Hermann Giliomee se nuutste boek heet Die Laaste Afrikanerleiers. Pieter Malan berig oor die boek in Rapport van 21 Oktober 2012, onder die opskrif: Slaap-slaap ‘n oorlog in. Die artikel gaan oor oudpremier John Vorster wat “sonder enige duidelike strategiese doelwitte en horende doof vir die mededelings van sy Washingtonse ambassadeur”, deur PW Botha

Lees verder: Giliomee sit die pot oor Angola heeltemal mis

Botman en Nzimande se akademiese losbandigheid

Blade Nzimande roem daarop dat hy die biblioteek van die Universiteit Zoeloeland afgebrand het. Volgens persberigte beskou hy dit as sy hoofbydrae tot die “bevrydingstryd”. Myns insiens behoort enigeen wat ‘n biblioteek vernietig het nie los op straat te loop nie. In enige beskaafde samelewing behoort so iemand lewenslank dwangarbeid te verrig, sodat hy ten

Lees verder: Botman en Nzimande se akademiese losbandigheid