Mulder tot dagbestuurslid van UNPO verkies

Volgens dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, is daar ‘n belangrike positiewe beeldverskuiwing in die buiteland ten opsigte van Afrikaners. Dr. Mulder is tydens die afgelope kongres in Rome op UNPO se dagbestuur of presidensie verkies. Die nuwe UNPO-president is mnr. Ngawang Choepel van Tibet.  ‘n Mosie waarin plaasmoorde in Suid-Afrika as ernstige menseregteskendings veroordeel is,

Lees verder: Mulder tot dagbestuurslid van UNPO verkies

Internasionale reg en die wêreldmening

Oud-adjunk-minister van Buitelandse Sake, Aziz Pahad, was skaars op Bagdad se lughawe met ‘n Amerikaansgeleide internasionale mag onderweg, of hy verklaar aan die wêreld hy het geen wapens van massavernietiging gesien nie. Dat hy uiteindelik korrek was, is skaars die punt. Hy het ‘n internasionale persepsie help skets sonder dat die werklike feite nog op

Lees verder: Internasionale reg en die wêreldmening

Afrikaner-“sagtemag” in die Lae Lande

Ek sit hier in die Eurostar-sneltrein van Brussel na Londen en het nou vir die eerste keer weer tyd om oor die PRAAG-toer deur Europa te berig. Ons besoek het eintlik al my verwagtinge oortref, want ná ons vriendelike ontvangs in Swede, het ‘n mens byna oorstelp gevoel met die gasvryheid en meegevoel van die

Lees verder: Afrikaner-“sagtemag” in die Lae Lande

Het Israel die oorlog verloor?

Die Israelse aanval op die skepe van ‘n Turkse nie-regeringsorganisasie onderweg na Gasa, was ‘n ongelukkige insident wat die wêreldmening onomwonde teen Israel kan draai. Ten spyte van Danny Ayalon, adjunk-minister van buitelandse sake, se versekering dat Israel uitgelok is om op te tree, gaan die hele voorval olie op die vuur vir Israel se

Lees verder: Het Israel die oorlog verloor?

Zuma kritiseer Frankryk

Pres. Jacob Zuma het Frankryk gekritiseer vir hulle steun aan Niger en Guinee. Die huidige bewinde in dié lande het met staatsgrepe aan die mag gekom. Zuma het gesê Frankryk gee erkenning aan gewelddadige militêre oornames in Afrika wat demokratiese prosesse verontagsaam. Hy het gesê dit is strydig met die oogmerke van die Afrika-Unie. Niger

Lees verder: Zuma kritiseer Frankryk

Veertig gevangenes ontsnap

Meer as 40 gevangenes het ná ‘n gyselaarsdrama uit die Harrismith-tronk ontsnap, het die polisie Maandag gesê. Kapt. Jeremiah Khiba, ‘n polisiewoordvoerder, het gesê 41 gevangenes het teen 17:00 een van die bewaarders as gyselaar in ‘n sel aangehou “‘n Bewaarder is vir ‘n geruime tyd in een van die selle aangehou voor die gevangenes

Lees verder: Veertig gevangenes ontsnap

Minstens 19 dood in Israeli-aanval

Minstens 19 mense is dood nadat Israeli kommando’s ses skepe met hulpvoorrade wat na die Gasastrook onderweg was, aangeval het. Volgens ‘n woordvoerder vir Henning Mankell, die Sweedse misdaadskrywer, was hy aan boord een van die ses skepe. Sy woordvoerder, Robert Johnsson, het gesê dat hy nog nie sedert die dodelike aanval vir Mankell in

Lees verder: Minstens 19 dood in Israeli-aanval

Afrika moet groter rol in wêreldaangeleenthede speel

Die hervorming van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad is een van die belangrikste gesprekspunte onder leiers van Afrikalande wat aan ‘n spesiale beraad in Frankryk deelneem, het dié land se minister van buitelandse sake, Bernard Kouchner, Maandag gesê. Tydens dié beraad, wat Maandag in Nice begin het, sal onder andere gepoog word om ‘n verenigde

Lees verder: Afrika moet groter rol in wêreldaangeleenthede speel